Vrae oor Vicki se plaas
Is daar rede om ontsteld te wees oor die toekenning van 'n hervestigingsplaas aan wyle mnr. Andimba Toivo Ya Toivo se weduwee, me. Vicki Ehrenstein Ya Toivo?
Daar sal altyd vrae ontstaan wanneer bekende en vermoënde persone se name op toekenningslyste verskyn. Dit het al talle male tevore gebeur en in die jongste geval is Ya Toivo nie die enigste in die spervuur nie.
Vir duisende minder gegoede Namibiërs wat onsuksesvol is met aansoeke, sal sulke toekennings persepsies van onregverdigheid en voortrekkery versterk.
Tot me. Ya Toivo se krediet het sy 'n volledige verduideliking vir haar aansoek gegee. Nie elke Jan of San Alleman gaan dit egter noodwendig aanvaar nie.
Mnr. Ya Toivo se heldestatus en opofferinge is onaanvegbaar. Ook sy aansoeke is vir jare van die hand gewys, tot hy grond ontvang het waarvoor hy volgens sy vrou nie eens aansoek gedoen het nie. Toe moes ander aansoekers dus terugstaan?
Dit is ook 'n ope vraag hoeveel ander hervestigdes wat ontevrede is met die grond wat hulle ontvang het, in die posisie is om vir “beter” grond te vra.
Die crux van die saak handel oor kriteria vir hervestiging. Die wet beskryf “voorheen benadeeldes” as persone teen wie destydse wetgewing maatskaplik, ekonomies en/of opvoedkundig gediskrimineer is.
As een van die kinders aansoek gedoen het, sou dit dalk nie die indruk geskep het dat me. Ya Toivo as “agent” of “trustee” optree nie. Die familie kan natuurlik die grond by die regering koop.
By die grondkonferensie wat kom, sal ook hervestiging in sy huidige vorm krities onder die loep moet kom.
So sê ander
20 Maart 2018
This past weekend, the government and the mining industry got together in preliminary talks about talks on a new Mining Charter. Rather predictably, it ended badly.
The government faces understandable political pressure to ensure that this bounty is shared among citizens, particularly black South Africans, and that the industry is thoroughly transformed. No one seriously argues this point; the difficulty is how to get there.
The problem is that every success achieved in the transformation process is regarded by the government as a new starting point.
There is a way out. That would be for the government, industry, unions and community organisations to start with an absolutely iron rule: the industry must grow.
A growth environment would make transformation easier, provide jobs the unions want, confidence to investors and benefits for mining communities.• BUSINESS DAY

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie