Vrae oor Whale Rock se sement-invoere
Rolspelers in die bedryf sê die maatskappy het ‘n mynlisensie ontvang en is daarom verplig om plaaslike produkte te gebruik.
Catherine Sasman
Whale Rock Cement het onlangs ‘n reusebesending klinkersement van 40 000 ton ingevoer.
Die besending het omstreeks 05:00 op 15 Februarie in Walvisbaai se hawe aangekom.
Die aankoms van die besending is deur Namport se bestuurder van korporatiewe kommunikasie, me. Taná Pesat, bevestig.
Pesat sê dit sal ongeveer drie weke neem om die klinker van die vragskip, die m/v Magnum Power, af te laai en op vragmotors te laai.
Sy sê tussen 70 en 100 vragmotors sal vir die vervoer van die 65 ton klinker na die plaas Cleveland, net buite Otjiwarongo, gebruik word, waar Whale Rock Cement ‘n produksieaanleg opgerig het.
“Die meerderheid van die sementsakke word as prioriteit opgelaai om onmiddellik vervoer te word en die res sal tydelik gestoor word,” het Pesat gesê.
Sy sê dit sal ongeveer 20 dae neem om die aflewering van die sement af te handel met elke vragmotor wat ongeveer ses ritte sal moet onderneem.
Bronne by TransNamib sê Whale Rock Cement het onderhandel om die klinker per spoor te vervoer. TransNamib was egter lugtig om ‘n vervoerooreenkoms te sluit omdat Whale Rock Cement daarop aangedring het om net N$8 000 per vrag te betaal. Dit is nie vir TransNamib finansieel lewensvatbaar nie.
Die Magnus Power het na wat verneem word die klinker in die hawe van Al Adabiyah in Egipte aan boord geneem, maar die produk kom glo van China af.
Volgens inligting word die aflaai en klaring van die besending deur ‘n Chinese agent behartig. Bronne sê niemand in die Namibiese klaringsbedryf is in hierdie verband genader nie.
Namport is egter baie trots op die hantering van so ‘n groot besending, sê mnr. Tino !Hanabeb, Namport se uitvoerende kommersiële bestuurder.
“Dit bewys weer eens die logistieke vermoë van Namport om in die behoeftes van kliënte met besendings te voldoen, wat ‘n langer tydperk neem om af te laai,” het !Hanabeb gesê.
Sover vasgestel kon word, sal die sakke met klinkersement deur Ocean Liner Services (OLS) en Wesbank Transport vervoer word.
VRAE UIT DIE BEDRYF
Die invoer van die massiewe besending klinker het rolspelers in die bedryf stomgeslaan omdat die produk plaaslik beskikbaar is.
“Alles is plaaslik beskikbaar. Indien Whale Rock Cement rou materiaal invoer om sement hier te produseer terwyl hulle wel ‘n mynlisensie het, waar is die plaaslike waardetoevoeging en groei?” het een plaaslike rolspeler gesê, wat verkies om anoniem te bly.
Whale Rock Cement is ‘n gesamentlike onderneming tussen Namibian Cheetah Cement en Chinese Asia and Africa Business Management (XIAN).
Die onderneming het vir 15 jaar tot 2022 die minerale regte op 1 004 hektaar op die plaas Cleveland bekom.
Die Otjiwarongo-munisipaliteit, wat die plaas Cleveland besit, het bevestig 1 004 hektaar van die plaas waarop die sementaanleg is en waar die mynregte toegeken is, word aan Whale Rock Cement vir N$10 miljoen vir ‘n tydperk van 50 jaar verhuur.
Die munisipaliteit sê Cheetah Cement het ‘n eenmalige betaling van N$10 miljoen aan ‘n gemeenskapsontwikkelingsfonds gemaak.
Volgens Whale Rock Cement se finale omgewingsbestuurplan, wat in Desember 2015 aan die ministerie van die omgewing en toerisme voorgelê is, het die maatskappy klinker as ‘n neweproduk in die vervaardigingsproses ingereken.
Whale Rock Cement se woordvoerder, mnr. Manfred /Uxamb, het alle vrae na ander Namibiese vennote verwys omdat hy glo vir ‘n week met verlof is.
Een van die Namibiese vennote, mnr. Willem Nanub, het op sy beurt vrae terug na /Uxamb verwys en sê die ander vennote is Chinese en sou na verwagting nie in staat wees om die vrae te beantwoord nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie