Vrae voor die kongres
Vrae voor die kongres

Vrae voor die kongres

Dani Booysen
Wanneer die regerende party in November kongres hou, moet nasionale belang voorop staan. Nie persoonlike en faksiepolitiek nie.

Wat die afgelope jare met die ANC in Suid-Afrika gebeur het, is 'n tekenende voorbeeld van die moontlike slaggate en gevolglike krisisse.

Enige etniese blokvorming om 'n stamgebonde uitslag af te dwing, sal 'n terugslag wees vir die “Namibiese Huis” waaraan die land probeer bou.

Nee, dit gaan nie altyd baie goed in die huis nie, maar dit kan veel erger gaan. Die regering se uitdagings is groter as ooit, maar van die probleme is oorgeërfde siektes wat gedy het juis omdat daar nie die politieke wil was om in te gryp nie. Die toets bly of dié wil regtig nou bestaan.

Wat die beste vir landbestuur is, is 'n sleuteloorweging.

Politieke beriggewing word dikwels met sensasie ingekleur. Uitsprake soos dat Swapo om sy oorlewing veg, klink oordrewe. Groeiende, interne struwelinge kan 'n slegte teken vir die toekoms wees, maar meer kragdadige en positiewe mededinging is belangrik om nuwe lewe in ou strukture te blaas.

Selfs al sê streke en partyvleuels hul steun aan pres. Hage Geingob toe, kan individuele afgevaardigdes stem soos hulle wil. Minstens die uitspeel van interne demokrasie eerder as onbetwiste verkiesings was nog altyd belangrik vir Swapo.

Natuurlik sal die nuwe verskynsel van “fopnuus” ingespan word. Redelike partylede en kongresgangers sal verby ver­skuilde agendas van die tenderpreneurs en ander opportuniste moet kyk.

Die kongres se uitslag is vir Namibië ewe belangrik as vir Swapo.



So sê ander

18 September 2017



Aardverhitting: VSA gaan niks doen, al ly hy



Kenners stem saam dat die orkane wat onlangs oor die Karibiese See en aangrensende gebiede geraas het die ergste in baie dekades – moontlik die ergste ooit – was.

Daardie krag, sê hulle, hang saam met die feit dat die see warmer geword het. Die Parys-klimaatooreenkoms van 2015 het ten doel gehad om dié situasie te hanteer. Helaas het pres. Donald Trump, leier van een van die lande wat pas onder Harvey en Irma se volle geweld deurgeloop het, Amerika aan dié akkoord onttrek.

Nakoming van Parys sou beteken dat die steenkool- en binnebrandenjin-bedryf geleidelik vervang word met “groen” energie. En dit beteken dat duisende werkers in dié nywerhede óf werkloos raak óf heropgelei moet word. Daardie werkers is Trump se steunbasis. En dus lyk dit of sy ontkenning van die wetenskap sal bly wyk voor sy kiesers se belang. • NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!