Vragmotorbedryf kan só minder koolstof vrystel
Dié bedryf is naas elektrisiteit die tweede grootste sondaar wat lugbesoedeling betref.
Liesl Peyper – ’n Navorser aan die Universiteit Stellenbosch (US) het bevind dat die vragmotorbedryf tot 46% minder koolstofdioksied kan vrystel deur hul ritte bloot beter te beplan.
Lee-Anne Terblanche, wat onlangs haar doktorsgraad in logistieke bestuur voltooi het, het Suid-Afrika se eerste raamwerk vir die vermindering van koolstofdioksiedvrystellings vir die padvervoerbedryf ontwikkel. Die plan kan as ’n bloudruk dien oor hoe om die vrystelling van kweekhuisgasse aansienlik te verminder.
Omdat Suid-Afrika se spoorvervoernetwerk so gebrekkig is, is vragmotors die vernaamste manier vir die vervoer van goedere in Suid-Afrika – dikwels oor baie lang afstande.
Die bedryf is daarom, naas elektrisiteit, die tweede grootste sondaar wat lugbesoedeling betref, met ’n totaal van 16,8 miljoen kiloton koolstofdioksied wat jaarliks vrygestel word.
Terblanche is reeds deur die departement van vervoer genader oor die raamwerk wat sy ontwikkel het, en die nuut gestigte departement van volhoubare vragvervoer aan die US sit haar navorsingswerk voort.
Vir navorsingsdoeleindes het Terblanche onderhoude met belanghebbendes in die padvervoerbedryf gevoer en hulle gevra om vraelyste te voltooi. Van die vrae was spesifiek daarop gemik om te probeer uitvind hoeveel kilometers vermors word as gevolg van swak beplanning, soos wanneer ’n vragmotor sy tydgleuf of afleweringstyd verpas, asook vragmotors wat met leë vragruimtes terugkeer na hul oorspronklike vertrekpunt.
Haar raamwerk stippel ook uit met hoeveel koolstofvrystelling verminder kan word as vragvervoermaatskappye beter aandag skenk aan meganiese doeltreffendheid en die gedrag van vragmotorbestuurders – soos om ’n vragmotor nie onnodig te laat luier of te versnel nie, deur spoedbeheer te gebruik en nie onnodig stil te hou nie.
Terblanche sê daar is vier sleutelbesluite wat ’n vervoermaatskappy kan neem wat uiteindelik ’n invloed sal hê op koolstofvrystelling. Dit sluit in ’n verskuiwing van pad- na spoorvervoer, logistieke doeltreffendheid, bedryfsdoeltreffendheid en voldoening aan die regering se vrywillige stelsel van selfregulering soos om aan regulasies vir die instandhouding van paaie en padveiligheid te voldoen.
“Indien Suid-Afrikaanse maatskappye op hierdie aspekte fokus,” sê Terblanche, “kan koolstofvrystelling in padvervoer met 46% verminder word.
“Die persentasie wys hoe ondoeltreffend Suid-Afrika se padvervoer tans bestuur word.”
Die grootste potensiaal vir die vermindering van koolstofvrystelling en afstande wat afgelê word, is opgesluit in beter besluitneming in die logistieke netwerk, wat koolstofvrystellings met 27% kan verminder, ’n verskuiwing na spoorvervoer wat ’n 7,8%-afname sal teweegbring, terwyl meganiese en bedryfsdoeltreffendheid vrystellings met 20% kan verminder. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie