Vragmotors brand uit
'n Lorrie wat vol vis was en 'n brandstoftenkwa is verwoes.
Tanja Bause - Twee stilstaande vragmotors het gister omstreeks 05:00 by 'n rusplek langs die pad tussen Omaruru en Kalkfeld uitgebrand.
Die voorval het 20 kilometer buite Omaruru op die hoofpad na Kalkfeld plaasgevind.
“Met die polisie se aankoms op die toneel was nie een van die drywers te vinde nie,” het hoofinsp. Kauna Shikwambi, polisiewoordvoerder, gesê.
Die tenkwa het aan Unitrans Namibia Ltd. behoort en die drywer daarvan is 'n 41-jarige Namibiese man.
Die polisie kon dié man in die staatshospitaal op Otjiwarongo opspoor.
Volgens Shikwambi behoort die ander vragmotor aan die Zambiese maatskappy Cool Trans, en sy drywer is glo 'n Zambiese burger wat nog nie deur die polisie opgespoor is nie.
“Die tenkwa het glo 30 000 liter brandstof van Walvisbaai af na die noordelike streke vervoer. Die ander vragmotor het vis van Walvisbaai af vervoer,” het Shikwambi gesê.
Die vragmotors was langs mekaar geparkeer.
Volgens Shikwambi beweer die drywer van die tenkwa hy het die vragmotor geparkeer ná dit meganiese probleme gegee het.
“Hy het glo aan die slaap geraak en toe 'n ontploffing gehoor. Hy het uit die vragmotor gespring en 'n saamrygeleentheid na Otjiwarongo gekry,” het Shikwambi gesê.
Die oorsaak van die brand is nog nie vasgestel nie en die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie