Vrede verg kompromie
Verlede week se toenadering tussen Noord- en Suid-Korea en die vrede wat as gevolg daarvan op die Koreaanse skiereiland, in die groter verre Ooste en internasionale betrekkinge wink, moet as een van die groot nuusgebeure van ons tyd tel.
Ná byna sewe dekades gaan die bloeisels van vrede egter nie in 'n japtrap blom nie.
Versigtige optimisme is volgens baie ontleders en koerante elders in die wêreld gerade.
Bitter baie moet nog gebeur nadat presidente Kim Jong-oen en Moon Jae-in die hande na mekaar uitgereik het. Baie kompromieë sal nog gemaak moet word in gesprekke wat nou maar eers oor onder meer die aftakeling van Noord-Korea se kernkragprogram en die sluiting van 'n langdurige vredesooreenkoms begin het. Gesprekke sal China, die VSA en Japan moet insluit.
President Donald Trump sal versigtig moet wees om nie die inisiatief wat die twee lande geneem het met onnodige verbale grofgeskut en ander ondeurdagte twiets te belemmer nie.
Jong-oen sal ook nog moet bewys dat sy ondernemings eg is en hy nie met die soort jakkalsstreke besig is waarvan die geskiedenis ryk aan voorbeelde is nie.
Henry Kissinger het gesê diplomasie is die kuns om jou mag in toom te hou. So 'n benadering sal van alle partye nodig wees.
Hereniging op die skiereiland is ná 68 jaar se vyandigheid nog 'n hersenskim.
Tog moet ons optimisties bly glo dat die belang van vrede, versoening en gesamentlike vooruitgang kan seëvier.
As dit op die Koreaanse skiereiland kan gebeur, hoekom nie ook in die Midde-Ooste nie?
So sê ander
29 April 2018
It took the threat of war to move towards peace
Over the course of several editorials we have suggested to readers that the North Koreans and their leader President Kim Jong-un should not be dismissed as lunatics pursuing an irrational strategy.
We are convinced that the North Koreans harbour a genuine fear that the United States could attack them with nuclear weapons.
The move towards peace on the Korean peninsula shows that diplomacy is always possible, but sometimes a palpable threat of use of force is necessary to galvanise the parties to resort to diplomacy.
We welcome the new rapprochement and recognise that it is two countries, but one nation, which also recalls the unification of East and West Germany and North and South Vietnam.
All is possible when people talk to each other in an atmosphere of calm and with a genuine commitment to peace and economic development.
• JAMAICA OBSERVER

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie