Vredesmissielede terug van Darfoer
Vredesmissielede terug van Darfoer

Vredesmissielede terug van Darfoer

Tanja Bause
Tanja Bause - Twaalf polisiebeamptes het sopas van hul vredesmissie in Darfoer, Soedan, af teruggekeer.

Die lede was deel van 'n groep van 29 beamptes van die Namibiese polisie wat in Desember 2014 na Darfoer gestuur is.

Hulle het gehelp om die vrede te bewaar, burgerlikes te beskerm en humanitêre hulp te fasiliteer.

Hulle is in Windhoek deur generaal-majoor Desiderius Shilunga, die adjunk inspekteur-generaal verantwoordelik vir bedrywighede, en generaal-majoor Anne Marie Nainda, adjunk inspekteur-generaal verantwoordelik vir administrasie, verwelkom.

“Ons is baie trots op julle, want julle is die eerste groep polisiebeamptes wat ons op 'n vredesmissie gestuur het wat ná twee jaar en ses maande ­teruggekom het sonder enige negatiewe voorvalle of klagtes,” het Nainda gesê.

Die groep het ook uit hul eie sakke 'n 10 000 l-watertenk aan die Otasha-vlugtelingkamp in Suid-Darfoer geskenk.

“Ons het gehoor dat hulle 'n probleem met die berging van water het en ons het besluit om te help,” het hoofinsp. Erwin Nakale, die groepleier, gesê.

“Namibië sal voortgaan om polisiebeamptes op vredesmissies te stuur. Ons verwag van julle wat nou teruggekeer het om jul nuwe kennis en ervaring met jul kollegas te deel,” het Shilunga gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!