Vreemde voorwerp oor die Noorde
Des Erasmus - ‘n Vreemde vlieënde voorwerp wat Meksiko en Brittanje aan die gons gehad het, wek nou ook opspraak in die noorde van Namibië.
Mnr. Jan Behr, wat in die konstruksiebedryf op Tsumeb werk en op ‘n plaas in Grootfontein tuisgaan, het onwetend ‘n reeks foto’s van dié onverklaarbare voorwerp geneem.
Behr is ‘n amateurfotograaf met gesofistikeerde toerusting.
Hy het Sondagaand in sterk skemer tussen Grootfontein en Tsumeb, by die afdraaipad na die Hobameteoriet, stilgehou omdat hy foto’s van weerlig wou neem.
Behr se kamera het ‘n 60 mm-lens en hy het ‘n hoë sluiterspoed gebruik vir die neem van foto’s in sarsies.
Hy het niks behalwe die reënweer waargeneem nie en het ook geen gedruis gehoor nie.
Sy toerusting en lense was skoon, omdat hy deurlopend teen lenskolle (“camera spots”) waak.
Behr het Maandagoggend die reeks foto’s op sy rekenaar beskou.
Eers toe het hy iets vreemds opgemerk.
Drie foto’s is tussen 19:52,35 en 19:52,48 geneem.
Op die eerste foto links bo in ‘n hoek is ‘n vreemde voorwerp, wat aansienlik nader lê op die tweede foto. Op die derde foto lyk die objek soos ’n maanagtige bal. Aldrie foto’s is binne die bestek van 13 sekondes geneem en volgens Behr dui dit moontlik op die spoed waarteen die voorwerp beweeg het.
Behr sê in Sondag se weerstoestande was daar geen sprake van maanskyn nie, want dit was bewolk.
Dit het hom ook opgeval dat ondanks sy goeie toerusting daar op die volgende vier raampies geen foto’s was nie.
Eers daarna was alles weer normaal.
Behr skat sy fotosessie het sowat ‘n halfuur geduur.
Toe die foto’s vergroot is, het hy ’n duidelike rooierige kring om die voorwerp gesien, maar daar was geen flitsende ligte soos in die geval van die Meksiko-waarneming nie.
Behr sê hy het geen verklaring vir die verskynsel nie en sal dit verwelkom as daar lig op die saak gewerp kan word. Skakel Behr by 081 337 4441.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie