Vreemdeling se slegte nuus is verslawend
The Stranger
Met Richard Armitage, Siobhan Finneran en Shaun Dooley.
Skepper: Harlan Koben.
Aanhangers van dié reeks, wat sosiale media aan die gons het, sou moontlik ’n hoër stergradering aan die uiters oorspronklike konsep toeken.
Maar die versigtige drie sterre is omdat ’n mens al dikwels in die verlede gesien het hoe uitstekende idees (soos met Messiah) teen episode 5 van die wa af tuimel.
Hierdie prikkelende storie vol intelligente kinkels gaan oor ’n geheimsinnige en ongewenste vreemdeling, ’n vrou met ’n bofbalpet, wat slegte nuus aan die held oordra. Sy vrou het tevore beweer sy het ’n miskraam gehad. Maar sy het haar swangerskap versin. Sy het haar man doelbewus mislei. Sy twee seuns is moontlik ook nie syne nie. So lewer dié vreemdeling telkens ontstellende nuus aan karakters, onder andere aan een gespeel deur Jennifer Saunders van Absolutely Fabulous-faam.
Wat ’n mens ook aan die gis hou, is omdat die held, gespeel deur die manlike en gesaghebbende Richard Armitage, so oortuigend is. Net die manier waarop hy die oorblufte reaksie in sy spel volhou en verskeie variasies op een emosie gee, is noemenswaardig. Produksiewaarde (die agtergrond waarteen die reeks afspeel) en die ekonomiese wyse waarop die draaiboek tart, ontvou en weer terg, verdien ook vermelding.
Maar dit is die ontsnapping aan die nare werklikheid terwyl jy kyk wat die reeks uniek maak. Dis donker, maar nooit so erg dat die kinders nie kan saamkyk nie.
Die reeks laat jou raai, dit betower die kyker en voed jou vraatkyk-honger. Jy kan gerus deel word van hierdie vreemdeling se onheilspellende boodskappe. As die skrywer dit net kan volhou!
Op Netflix.
Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie