Vreemder as fiksie
Vreemder as fiksie

Vreemder as fiksie

[email protected]
Sanet de Waal
Gerine Hoff

Ek stel jaarliks ’n uitdaging vir myself om een rubriek te skryf oor weird and wonderful nuus wat in die wêreld gebeur.

En elke jaar stel hierdie nuus my nooit teleur nie; sommige brokkies laat my lag, ander maak eenvoudig net dat ek my kop skud en my oë rol.

Aangesien my tyd min vir vandag se rubriek was, het ek net na vreemde nuus van die laaste paar weke gekyk. Hierdie het my oog gevang!

Eerste stop is Brasilië, waar ’n koei uit ’n slaghuis ontsnap en by ’n nabygeleë waterpark opgeëindig het. Verbeel jou hierdie scenario: Sy het op ’n waterglybaan beland en vreeslik ongemaklik op haar knieë “afgegly”. Gelukkig het die glybaan – wat net ontwerp is om 200 kg te hanteer – nie onder die dier se 320 kg gewig ineengestort nie.

Volgende Italië, waar ’n man onder huisarres by ’n polisiekantoor opgedaag en gevra het om agter tralies geplaas te word, omdat die lewe saam met sy vrou by die huis ondraaglik is. Die 30-jarige man kon blykbaar “nie meer die gedwonge saamwoon met sy vrou hanteer nie”.

Shame.

So gepraat van tronke, ons volgende storie neem ons na Frankryk waar tronkbewaarders ’n ontsnappingspoging uit Parys se tweede grootste tronk gefnuik het.

’n Vrou het glo ’n gat in die muur van haar sel gegrawe en met ’n paar geknoopte lakens probeer om soos ’n bergklimmer daaruit te rappell.

Volgende aan die beurt is Miami, waar die miljoenêr Duitse herdershond Gunther VI sy villa wat eens aan Madonna behoort het, wil verkoop. So belaglik as wat dit mag klink, het Gunther sy fortuin, wat die agtslaapkamer-waterfronthuis insluit, by sy oupa Gunther IV “geërf”. Die Toskaanse styl villa is teen U$31,75 miljoen te koop.

Die hond se afkoms dateer dekades terug toe Gunther III ’n multimiljoendollartrust geërf het van die oorlede Duitse eienaar, gravin Karlotta Liebenstein, toe sy in 1992 dood is.

Gunther VI se sjef kook elke oggend sy ontbyt van die beste vleis, vars groente en rys. Soms geniet hy kaviaar. Hy reis per private straler, werk daagliks aan gehoorsaamheidsvaardighede met sy afrigter en slaap in ’n weelderige ronde, rooi fluweelbed wat oor die baai uitkyk.

Wat kan ’n mens sê?

En nou na Engeland, waar ’n studie gedoen is om vas te stel of kaas – spesifiek bloukaas – nagmerries veroorsaak. As jy laataand kaas eet, lui die gerug, sal jy vreemde drome kry.

Dié gerug spruit blykbaar uit 1964 toe ’n navorser opgemerk ’n pasiënt het opgehou om nagmerries te kry toe hy sy gewoonte om elke aand cheddarkaas te eet, laat vaar het.

Meer onlangs het navorsers tot die gevolgtrekking gekom dat bloukaas gruweldrome kan veroorsaak, terwyl cheddar mense oor bekendes laat droom.

Om die minste te sê, is die studie nie heeltemal wetenskaplik nie!

Ons finale brokkie nuus: Die reis terug aarde toe vanuit die ruimte is nooit maklik nie, maar die ruimtevaarders aan boord die SpaceX-kapsule, moes ’n stukkende toilet ook trotseer. Die vier lede van SpaceX Crew Dragon Endeavour moes doeke dra toe hulle neerplons. . . om te verhoed dat enigiets anders ook spat.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!