Vreemdes in die vreemde
Yolanda Nel – Ek is die anderdag besig om op Google te soek waarheen ek met my kroos kan reis. 'n Reiservaring moet nie net lekker wees nie, maar ek wil sommer vroeg vir die seuns aan die reisgogga blootstel.
Destyds in Ethiopië is ek amper in hegtenis geneem, omdat dit teen die wet is om bedelaars te help. Ek het my flou geskrik toe die polisiebeampte op my skouer tik. Ek het gou my paspoort uitgehaal en my werkspermit gewys. Ek het haar oorreed ek is 'n fotograaf en betaal hulle vir die foto's wat ek neem.
Deesdae doen ek my huiswerk deeglik. Tydens my navorsing, het ek op 'n paar vreemde wette oraloor die wêreld afgekom.
Gaan kuier gerus in Singapoer, maar vermy maar die kougom. Dit word al sedert 1992 in die land verbied, nadat die behuisings- en ontwikkelingsraad sowat N$2,1 miljoen per jaar spandeer het om die vervoerstelsel te herstel nadat vandale dit met kougom beskadig het.
As jy besluit jy wil eerder op die Duitse Autobahn bestuur, moet jy seker maak jou motor se tenk is vol, want dit is teen die wet om sonder petrol te gaan staan.
In Switserland is dit onwettig om 'n staproete kaal aan te pak, wat mens laat wonder hoe gereeld dit moes gebeur het vir dit om 'n wet te word.
In Venesië mag jy nie die duiwe kos gee nie. Om die voëls se gemors skoon te maak, kos elke landsburger sowat N$4 700 per jaar.
In Pole moet jy gerus maar jou klere met die Winnie the Pooh-handelsmerk by die huis los. Dié liefdevolle beertjie is nie welkom nie, omdat hy nie 'n broek dra nie en hopeloos te gewaagd vir beïnvloedbare jong kinders is.
In Frankryk moet mans die populêre Speedo-swemdrag strand toe aantrek. Mans word nie toegelaat om enige losserige swemdrag aan te trek nie.
As selfies jou ding is, bly weg van Sri Lanka, want dié tipe foto's mag nie met Boeddha in die agtergrond geneem word nie.
In Denemarke mag jy nie 'n masker in die publiek dra nie. Die wet is in Augustus 2018 geproklameer en sluit hoedens, serpe en tot burkas in. Ek wonder wat hulle nou doen?
As jy en jou ongetroude maat in Noord-Carolina by 'n hotel voorgee dat julle getroud is, sal julle volgens wet dan wel getroud wees.
In dele van Australië mag jy nie 'n vlieër vlieg nie en in Barcelona mag jy nie sonder 'n hemp in die openbaar verskyn nie.
In Japan mag jy nie ná middernag in die donker dans nie. Dit was glo in die 1940's so reg uit die fliek Footloose. Die wet is in 2015 hersien en die jonger generasie mag nou ná die klok 12 slaan wel nog dans, net solank die ligte aan is.
Vir nou gaan ek en my kroos net Kaap toe, waar geen onverwagte wet ons dalk in die moeilikheid gaan laat beland nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie