Vreeslike, vrypostige mikrofone
“Wie?!” sal die jonger span waarskynlik by die aanhoor van die radiolegende Fanus Rautenbach se naam vra.
Dis nou mense “sebore” ná 1966 en vroeg in die jare sewentig?
Alhoewel, Dapperrerige Daniël moet byvoeg hy hoor selwers die penniefluitjie-klingel van Flink uit die vere (1961-1974) alleen iewers ver en vaag in sy agterkop.
Leon Schuster se naam is onder die jonger geslag (hopelik) bekender. Umfaanus het die grapmaker help slyp en Leon het Vrypostige Mikrofoon aangebied.
Hierdie twee ikoniese “ooms” het in die programme 'n guitigheid op die lug ingelui wat tevore minder – minstens op die senders – in Afrikaans uitgestal is.
In die jaar 2019 van Onse Vader het van speenoud tot beenoud egter lankal hul eie mikrofone – met luidsprekers wat jy net so wyd kan oopdraai soos jy wil.
Die spreekwoordelike draadloos staan al vir dekades nie meer in die voorkamer of kombuis met familie en vriende wat knus en intiem rondom die oudedoostoestel vergader nie. Vandag se “draadloos” is in elke mens se bo- of gatsak en jy kan – dag en nag – uitsaai net wat jy wil en wanneer jy wil.
Sonder 'n “bliep” of tydpouse ten bate van ordentlikheid. Dit is nou as ordentlikheid nog bestaan . . .
Selfs al kan jy jou woorde probeer “terugneem” met 'n uitwisknoppie, kan dit steeds elders voortleef
en aanhou gis. Maak nie saak
hoe erg jy jouself miskien misgis het nie.
Vir die goeie begrip wat net 'n halwe woord benodig, hoef ons nie al die mikrofone se name uit te blaker nie.
“Blaker” is juis die probleem. In die negatiewe en onverantwoordbare sin. Maak nie saak of jy jou eie hand verbrand of ander raakskiet nie.
Eerder as om goeie nuus en berekende, verantwoordelike standpunte uit te basuin.
En mense is nie eens besorg daaroor dat hul name en hul kiekies by sulke bokhaelskote pryk nie.
Kort ná die Arandis-moorde, toe verskeie openlik rassistiese uitsprake op verskeie luidsprekers uitgebulder is, wissel die uwe en 'n bekende vrou in mediakringe 'n private gesprek hieroor. Talle van haar opmerkings was só in die kol dit verdien herhaling en behoorlike nabetragting.
Vir haar was verwerplike uitsprake oor die tragedie bloot 'n analogie oor hoe te veel Namibiërs toenemend die tersaaklike mikrofone misbruik.
“Ons as individue en 'n nasie reageer emosioneel en vol vrees,” het my gespreksgenoot aangevoer. “Sonder om die kompleksiteit van kwessies en feite in ag te neem.
“Die individu het nou die lugtyd om aan sy diepste (voorheen dikwels verborge) oortuigings uitdrukking te gee.
“Dit stel bloot wie ons regtig is, maar ons verstaan nie hierdie bedwelmende en gevaarlike mag nie.
“Die hartseer saak is: Eers wanneer ons onsself gekannibaliseer het, sal ons die gruwel hiervan besef.”
Hierdie wyse woorde spook weke later steeds in Dapper se haarspan.
'n Vingerwysing. 'n Voorspelling.
Een wat nie net vir Namibië geld nie, maar die hele wêreld.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie