Vreesloos deur ’n kameralens
Hoe ver sal jy vir ’n selfie gaan? Die Russiese waaghals Vitaliy Raskalov (24) het sy hoogtevrees oorkom deur van die hoogste geboue in die wêreld kaalhand sonder enige veiligheidstoerusting te klim.
Raskalov vertel in ’n onlangse onderhoud met Huck Magazine hoe sy liefde vir fotografie hom in sy tienerjare in Moskou aangepor het om sy vrees te oorkom.
Raskalov, ’n joernalistiekstudent, het in 2009 opgeskop, ’n kamera gekoop en die wêreld deur sy lens begin verken.
Hy sê twee vriende het hom eendag na die dak van ’n hoë gebou geneem en dit het gevoel of die kamera hom ’n rede gegee het om daar te wees.
Raskalov het ’n ruk lank verskeie hoë geboue in woonbuurte uitgeklim en eendag ’n stappie verder gegaan deur ’n verlate televisietoring uit te klouter.
Hy beskryf die oomblik as ’n deurbraak wat hom die afgelope sewe jaar op een gevaarlike avontuur na die ander gelei het.
Raskalov het intussen sy lewe gewaag om tot bo ikoniese landmerke soos die Eiffeltoring, die beeld van Christus die Verlosser in Rio de Janeiro en die Piramide van Giza te klim om asemrowende foto’s te neem.
Hy het selfs 650 m teen die onvoltooide Shanghai-toring bo die wolke uitgeklim en foto’s van die Shanghai World Financial Centre en Jin Mao-toring geneem wat lyk of dit uit ’n vliegtuig geneem is.
“Ons het 18 uur lank daar gesit en wag vir die weer om op te klaar sodat ons weer kon afklim,” sê Raskalov. “Die ongelooflike ding is dit het daardie hele dag oor Shanghai gereën, behalwe op ons.”
Hy het sowat ses maande voor sy onderhoud om 01:00 by ’n wolkekrabber wat onder konstruksie was, ingesluip en vier uur geneem om die 290 m hoë gebou te klim.
Raskalov se foto’s en video’s het hom ’n internetsensasie gemaak en tot borgskappe gelei, maar sy roem maak dit ook vir hom moeiliker om die owerhede te ontduik.
“Sekuriteit is altyd die moeilikste deel,” sê Raskalov. “Daar sal net ’n paar sekuriteitswagte op konstruksieterreine in die VSA wees, maar hulle het baie bewegingsensorkameras en jy moet slim wees om daardie stelsel te omseil.”
Raskalov sê hy het op die betrokke dag in die VSA reguit in ’n sekuriteitskamera vasgekyk toe hy uiteindelik tot bo die gebou vorder.
Die kamera was gelukkig nog buite werking, maar Raskalov meen hy sou heel moontlik gevang gewees het as hy dieselfde gebou ’n paar dae later probeer klim het.
Daar sal net ’n paar sekuriteitswagte op konstruksieterreine in die VSA wees, maar hulle het baie bewegingsensorkameras en jy moet slim wees om daardie stelsel te omseil.
Raskalov, wat voorheen met die klimmer Vadim Makhorov saamgewerk het, sê hy het geen spesiale tegniek nie.
Hy klim in sy gewone klere met ’n GoPro en selfiestok en sê hy doen nie “simpel goed” soos om met een hand aan ’n gebou te klou nie.
Makhorov is intussen getroud en Raskalov meen dit is nou tyd om sy hoed op te hang. Hy lei tans ’n groep in Namibië wat avontuurtoerisme met fotografielesse meng. – Netwerk24
* Volg Raskalov se avonture op Instagram by @raskalov en op YouTube.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie