Vrese heers vir moontlike terreuraanvalle op Chinese
China het Namibië versoek om seker te maak sy burgers in die land is veilig.
Ronelle Rademeyer – Die verdedigingsattaché by die Chinese ambassade in Windhoek, kol. Gao Peng, het die Namibiese polisie versoek om sekuriteit te verskerp en intelligensie oor moontlike terreuraanvalle op Chinese burgers in die land te verbeter.
Die inspekteur-generaal van die polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het alle streeksbevelvoerders ingelig om, in die lig hiervan, seker te maak Chinese burgers en hul ondernemings ly nie skade nie.
Dié brief op 23 Julie aan die bevelvoerders in die streke, is intussen gister met die media gedeel.
Ndeitunga se adjunk, genl.maj. Joseph Shikongo, het by navraag verduidelik dit is bloot 'n voorsorgmaatreël ná wat in Pakistan gebeur het.
“Dit is nie gedoen omdat ons oor inligting beskik van só 'n bedreiging in Namibië nie,” het Shikongo gesê en bygevoeg hy sal vandag groter duidelikheid hieroor met die media deel.
PAKISTAN
Nege Chinese werkers is vroeg in Julie in 'n busontploffing in Pakistan dood. Die bus het in 'n rivier beland en minstens vier ander insittendes het ook gesterf, berig Reuters.
Woensdag is 'n Chinese burger in Karachi, Pakistan, gewond toe twee gemaskerde mans op 'n motorfiets op hom en 'n ander Chinese insittende in hul motor geskiet het.
Die Chinese werkers wat in die bus dood is, was by die Dasu-hidroëlektriese projek werksaam. Dit is deel van die China-Pakistan Ekonomiese Korridor (CPEC), 'n beleggingsplan van US$65 miljard wat daarop gemik was om Wes-China te verbind met die Pakistaanse hawestad, Gwadar.
Volgens Reuters het Zhao Lijian, woordvoerder van die Chinese ministerie van buitelandse sake, die voorval in Karachi as 'n geïsoleerde geval beskryf. Volgens hom hou dit nie met die busaanval verband nie.
“Ons het volle vertroue in die beskerming van Chinese burgers en eiendom in Pakistan deur die Pakistaanse owerhede,” het hy in 'n ministeriële nuusbrief gesê.
Intussen het die BBC berig daar is van die begin van die Covid-19-pandemie 'n toename in haataanvalle in die VSA op Asiatiese Amerikaners.
“In die afgelope maande is duisende gevalle aangemeld – van spoegvoorvalle en verbale teistering tot voorvalle van fisieke aanranding.
“Aktiviste beskou dit as haatmisdade en sê dit word dikwels verbind met retoriek wat Asiatiese mense die skuld gee vir die verspreiding van Covid-19,” berig die BBC.
– [email protected]
FOTO
Die Chinese president, Xi Jinping, verwelkom sy Namibiese eweknie, pres. Hage Geingob, by die Great Hall of the People in Beijing, China, op 29 Maart 2018 vir samesprekings. Foto Nampa/Xinhua

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie