Vreugde kos niks
Ek het onlangs op my sewejaarlikse uitstappie in my woonbuurt gegaan.
Daar was so baie om in te neem, maar die hoogtepunt van die dag was vir my was toe Tate op sy fiets met die roomysboks om die draai geswaai kom en sy klokkie my innerlike kind direk in die hart tref!
Dit was nie die bevrore lekkernye wat hy in sy ysboks gehad het en probeer verkoop het nie, maar die manier waarop die oom tot by my huis gery het en sy klokkie gelui het om vir my te laat weet my gunsteling- soet dingetjie is op pad - maar net as ek hom kon vang.
Dit het vir my daai jare gesmaak die wêreld gaan eindig as ek hom nie kon vind nie.
Ná meer as 15 jaar sou bier my eerste opsie wees om my laaste N$20 op uit te gee, maar wat daardie dag in Freesiastraat gebeur het, was iets uit ’n ander wêreld.
Toe ek op daardie skroeiende dag eindelik op die oom afkom wat ek sedert my kinderjare steeds soek, sou ’n yslollie net die regte ding vir my en my meisie gewees het. Dit was ’n droë Desemberdag.
Met die Omunye-sindroom wat my begroting onder baie druk geplaas het, was die besluit om ’n soet dingetjie, eerder as ’n koue dingetjie, aan te skaf maar ’n swaar saak.
Nietemin het nostalgie gewen en ek hardloop toe agter die yshappieheld aan.
Hoewel ek nou baie ouer en baie onfikser is, het ek weer soos ’n jong klong blitsig op hom afgestorm.
Terselfdertyd was daar twee seuns wat die spektakel met groot oë staan en dophou het.
Ek kon die versoeking in my siel nie weerstaan nie, maar iets in my laat my toe besluit om die roomyse vir die twee seuns te gee.
As ek nou daaraan dink, glo ek dit het oor meer as net die roomys gegaan.
Om met so ’n delikate produk te werk in een van die warmste plekke ter wêreld, verdien meer as net geld.
Ek kan my indink dat die prentjie van gillende, gelukkige kinders wat daagliks op jou afstorm, ’n mens baie vreugde kan besorg en die daaglikse uitdagings makliker maak om aan te pak.
Hoe hulle met kinders werk en selfs net die waarde van die verrassing en opwinding wat hul teenwoordigheid veroorsaak, is ongelooflik.
Daai oom sal sonder probleme talle jongelinge optel sodat hulle self hul ysie kan kies.
Hy druk deur in swaar tye om ons woonbuurte weer daai onbeskryflike gevoel te gee, wat ons deesdae agter hoë mure uitsluit.
So, ongeag die uitdagings waardeur jy gaan en die omstandighede waarin jy moet werk of leef, probeer om vreugde vir ander te skep.
Jy sal sonder twyfel jou eie ook vind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie