Vreugde ontwyk Johannes en Thomas in Ooste
Kenia oorheers die mans- en vrouemarathon by die Olimpiese Spele met Kipchoge (mans) en Jepchirchir (vroue) wat goud opraap.
Tielman van Lill
Die 40-jarige Helalia Johannes van Namibië kon nie Saterdagoggend (01:30 Namibiese tyd) in Sapporo, Japan, ’n medalje by haar brons van die 2019 Wêreldkampioenskap in Doha, Katar, voeg nie.
Johannes se 11de plek het sy met 2 ure 31 minute en 22 sekondes op die stophorlosie in die marathon (42.2 kilometer) verdien. Aangesien sy dit teen 88 hardlopers behaal het, is haar posisie teen die wêreld se jonger room glad nie te versmaai nie.
Peres Jepchirchir van Kenia het goud in 2:27.20 verower wat haar beste tyd vir 2021 is. Op 27 is Jepchirchir byna 14 jaar jonger as die Namibiër.
Brigid Kosgei (27) van Kenia en Molly Seidel (27) van die Verenigde State van Amerika, het onderskeidelik hul silwer- en bronsmedalje met 2:22.36 en 2:27.46 verseker.
Die marathon in Sapporo is Saterdagoggend sesuur (Japanse tyd) ’n uur vroeër as beplan afgesit. Weens die hoë humiditeit van byna 70 persent en temperatuur van 30 grade Celcius en meer, soos die dag gevorder het, het die atlete binne die eerste paar minute verskriklik begin sweet.
Die Keniaanse trio met Jepchirchir, Kosgei en Ruth Chepngetich (27) het vanuit die staanspoor die pas in die voorste bondel van meer as 20 hardlopers aangegee. Honami Maeda (33ste in 2:35.28) van Japan het egter vir die eerste paar kilometer alleen voor gehardloop, maar is op 4.2 km deur die voorste groep ingehaal.
Seidel was saam met hulle asook Lonah Chemtai Salpeter (66ste in 2:48.31) van Israel, terwyl Johannes haar energie agter in dieselfde groep gespaar het. Seidel het nooit probeer wegbreek nie, maar Salpeter het ’n paar keer die fout gemaak en duur vir haar voortvarendheid betaal. Met slegs ’n paar kilometer oor was Salpeter (toe sewende) weens uitputting tot stilstand gedwing.
Die Namibiër was tot by 30 km een van 12 atlete in die voorste groep wat later al hoe minder geraak het en later was sy saam met ses hardlopers die enigstes wat oor was.
Die Keniane het die laast kilometer die pas algaande vinniger gemaak en Johannes het stadig maar seker agtergeraak om 4 minute ná die wenner oor die wenstreep te draf.
Suid-Afrika se Gerda Steyn was 15de (2:32:10), terwyl Irvette van Zyl (RSA), Kenia se Ruth Chepngetich (in 'n stadium sewende) en die Ethiopiër Birhane Dibaba (in 'n stadium 12de) onder diegene was wat nie kon klaarmaak nie.
Net 73 van die deelnemers kon die moordende toets deurstaan met 15 wat nie die eindstreep gehaal het nie. Die eerste 10 km was in 35 minute afgelê en so ook die tweede tien met 1 uur 10 minute verstreke. Die halfpadmerk is in 1:15.00 oorgesteek.
Die tweede helfte van die marathon het die vroue die pas versnel. Die 30 km-merk is in 1:42.00 (32 minute) en 40-merk in 2:19.00 (37) verbygesteek.
Johannes het vanjaar aan haar vierde Olimpiese Spele deelgeneem. In 2008 was sy in Beijing, China, veertigste in 2:35:22. By die 2012 Spele in London, Brittanje, was sy elfde met 2:26.09 en in 2016 in Rio de Janeiro, Brasilië, 56ste in 2:39.55.
Haar brons in Doha het sy twee jaar gelede weens die versengende hitte in die middernagtelike ure met 2:34:15 opgeraap. Johannes vier vandeesweek (13 Augustus) haar 41ste verjaardag.
Thomas
In die mansmarathon by dieselfde venue het Namibië se Rainhold Thomas (30) gister 42ste klaargemaak. Hy het twee jaar gelde in Doha 17de in 2:14:38 geëindig; vier minute vinniger as in Sappora.
In die geselskap van al wat 'n nasionale en kontinentale kampioen is, het Thomas 9 minute 50 sekondes ná die wenner die wenpaal bereik.
Die 36-jarige Eliud Kipchoge wen die marathonwedloop in twee ure 8 minute 38 sekondes, om te verseker dat Kenia beide die mans en vroue se goue medaljes inpalm.
Die silwer, meer as 'n minuut later, gaan aan Nederland se Abdi Nageeye en brons aan Bashir Abdi van België, wat net voor die eindstreep vir Laurence Cherono van Kenia verbysteek.
Hitte en hoë lugvogtigheid was opnuut 'n groot faktor in die mansresies. Ses-en-sewentig mans het die pynlike roete klaargemaak uit 106 wat weggespring het.
Kipchoge was met die 2016 Spele in Rio de Janeiro eerste in 2:08:44.
Uitslae
Vroue: 1 Peres Jepchirchir (2:27.20), 2 Brigid Kosgei (2:27.36), 3 Molly Seidel (2:27.46), 4 Roza Dereje (Ethiopië) +1:18, 5 Volha Mazurnak (Belarus) +1:46, 6 Melat Kejeta (Duitsland) + 1:56, 7 Eunice Chumba (Bahrein) +2:16, 8 Mao Ichiyama (Japan) +2:53, 9 Malindi Elmore (Kanada) +3:39, 10 Sinead Diver (Australië) +3:54, 11 Helalia Johannes 2:31.22 +4.02.
Mans: 1 Eliud Kipchoge (2:08.38), 2 Abdi Nageeye (2:09:58), 3 Bamaarhir Abdi (2:10.00), 42 Rainhold Thomas (2:18:28)
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie