‘Vriend’ steek glo jong student, speler dood
Misdaad
Andrew Poolman – Die moord op ’n gewilde jong klubrugbyspeler word sedert die naweek betreur met boodskappe van medelye op die sosialemediabladsye van verskeie klubs en spelers.
“Hy was my enigste kind en het nooit iemand skade aangedoen nie,” het sy bewoë moeder, me. Anthea de Wee, gister aan die koerant gesê.
Luidens die Namibiese polisie se misdaadverslag vir die naweek het die insident Saterdagaand tussen nege- en tienuur by ’n woonhuis in Anemonestraat in Khomasdal afgespeel.
’n Twee-en-twintigjarige verdagte is in hegtenis geneem en dit word beweer dat hy die oorlede slagoffer, O’Neal Romario de Wee, ’n 22-jarige Namibiese man, met ’n skerp voorwerp gesteek het.
“Dit word beweer dat die verdagte in ’n stryery met sy meisie was, toe die oorledene tussenbeide wou tree om die vrede te herstel. Die verdagte het hom agterna by die Katutura-polisiekantoor oorgegee. Sy naasbestaandes is in kennis gestel en die saak word ondersoek.”
Die verdagte sal na verwagting vandag in die hof verskyn. Volgens O’Neal se ma was die verdagte ’n baie goeie vriend van haar seun, wat feitlik in dieselfde huis grootgeword het.
“O’Neal was in Windhoek Hoërskool en het by Jan Möhr gematrikuleer. Hy het daarna by Osh-Med as ’n paramedikus begin studeer,” vertel sy.
Mnr. Willem van Zyl, voorsitter van Wanderers-rugbyklub, sê: “O’Neal was vanaf 2019/2020 by ons, maar het verlede jaar net een wedstryd in die begin van die seisoen by ons gespeel. Hy het belang gestel om na Western Suburbs oor te skuif, maar het toe reeds vir ons begin speel en moes wag vir die oorplasingstydperk.
“Hy was nog ’n jong man met ’n groot toekoms voor hom. Dis vir ons ’n groot skok om so iets te hoor. Sy rugbymaats, die afrigters en bestuur wat hom ken, is omtrent geskok.
“Ons dink aan sy familie en vriende in hierdie moeilike tyd.”
Volgens Pieter Rossouw, afrigter van die klub se tweede span, was De Wee ’n heel skaflike jong losskakel.
– [email protected]
FOTO
O’Neal de Wee skop pale toe in ’n rugbywedstryd vir Wanderers. Foto Uwe Neustädt

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie