Vriende en vyande is vir ons bestem
Vriende en vyande is vir ons bestem

Vriende en vyande is vir ons bestem

Thusnelda Gamibes
Thusie Gamibes – Elke mens op hierdie liewe aarde is daarop geregtig om ’n aantal vriende en net so ook ’n aantal vyande te hê.

Die Almagtige sal jou nooit soveel vyande gee wat jy nie kan hanteer nie en net so sal hy jou nie soveel vriende gee dat dit vir jou ’n las sal word nie.

Wys my jou vriende en ek sal vir jou kan sê wie jy is. Die waarheid in die ou gesegde is onbetwisbaar en so oud soos die mensdom self. Jy kies gewoonlik jou vriende wat min of meer dieselfde as jy dink. Julle het dan dieselfde smaak, gedrag, eienskappe en selfs dieselfde styl en belangstellings.

Die jaar 2000 wat ek by DMH begin werk het, het ek gesien ’n kleur van ’n nasie speel nie ’n belangrike rol in die lewe nie. As jy wil vriende maak, kom alles reguit na jou toe. Ek onthou nog ek was destyds ’n skoonmaker, maar daardie jaar toe ek my tannie aan die dood afgestaan het, het my kollegas my bygestaan. Dit bring my by ’n teks uit die Woord. Mattheus 12 vers 33 se laaste sinnetjie sê: “want aan die vrugte word die boom geken.”

Ek sou wat wou gee vir ’n bietjie raad oor ’n slegte of goeie vriend. Ek sal dit hoogs op prys stel, want ek word dom om hierdie sommetjie te maak! Is iemand wat altyd saam met jou lag ’n goeie vriend, óf is die persoon wat altyd sy hande in sy sak steek om vir jou ook Kentucky te koop ’n beter vriend?

Om ’n bietjie meer positief oor vriende te wees, ondersoek die geaardheid van een van jou vriende se vriende en wees verseker dat jou vriend dieselfde as hulle is. Jy sal reg raai watter soort mense saam met hom om een tafel sit. Alle goeie en slegte dinge wat ’n mens van ’n ander weet, is op ’n manier verskans in die mense wat saam met hom beweeg.

Die ergste van alles is, as jy jou vriende ondersoek om te bepaal watter tipe mense hulle is, sal dit aan jou verklap presies hoe jy ook is. En dít gee my koue rillings. As iemand baie na aan jou oor die slegte maniere of gewoontes van jou vriend praat, maak dit baie seer want dis outomaties asof jou geaardheid en maniere ook in gedrang is. Dus wees versigtig en kieskeurig wanneer jy jou vriende kies.

Gelukkig is ek ’n mens wat maklik vriende maak, maar as jy my seermaak sukkel ek om jou te vergewe. Jou handdruk teenoor iemand waarvan jy nie hou nie, het nie dieselfde impak wanneer jy iemand groet van wie jy regtig hou nie. Jy besef dit nie, maar die persoon wat jy groet sal heelwat uit die gewone handdruk wys raak. Ek het ook besluit ek sal hierdie jaar vir jou groet wanneer jy my groet. As jy my bel, sal ek jou ook bel en as jy my uitnooi, sal ek jou ook uitnooi, sodat die verhouding tussen ons kan sterk bly.

Wees versigtig wanneer jy probeer voorgee wat jy nie is nie, want jou innerlike bots dan met jou uiterlike sonder dat jy daarvan bewus is. Oor die algemeen is ek ’n vriendelike en behulpsame mens, daarom sal ek jou sommer sê as dit lyk of jy probeer voorgee wat jy nie is nie. Ek verwag dieselfde van jou.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!