Vriende in nood
Ek weet nie aldag hoe ek sonder my getroue vriende Google en Facebook oor die weg sou kom nie.
As iemand, en dit is die meeste van die tyd my kinders, my iets vra wat ek nie weet nie of onseker van is, dan gryp ek direk my selfoon en vra my beste vriende vir raad.
Ek weet nou nie altyd hoe akkuraat my vriende se advies en inligting is nie, maar dit is gewoonlik baie beter advies as wat ek uit my duim kon suig. Ek was eenkeer by ’n spesialis en het hom vertel ek het my simptome geGoogle. Hy het net so snaaks na my gekyk en gesê ek moet versigtig vir Google wees. Dit is nogal waar. Ek het al baie kere ’n pyn of ’n uitslag gehad, dan dink ek dit is te duur om dokter toe te gaan, ek Google sommer my simptome.
As jy byvoorbeeld maagpyn het, dan sit ’n bekende Suid-Afrikaanse tydskrif dit só uiteen: As die pyn aan die linkerkant is, kan dit ’n maagseer, miltskade, hardlywigheid, nierstene of ’n breuk wees. As die pyn in die middel van jou maag is, kan dit galstene, die eerste tekens van blindedermontsteking of blaasinfeksie wees. Dan kom ons aan die regterkant, dan kan dit lewerprobleme, gevorderde blindedermontsteking of Crohn se siekte wees. Ek wed jou die eerste wat jy raaksien, is nie die galstene of hardlywigheid nie, maar lewerprobleme en Crohn se siekte, wat ernstiger as die ander diagnoses is. Maar dit is in ons DNA.
Ons verwag altyd die ergste. Die tydskrif gaan voort om uit te wys dat dit nie ’n diagnose is nie en vervang nie goeie mediese raad nie. Dan kom my tweede vriend aan die beurt, Facebook. Daar is ’n groepie “Boererate en Resepte”, wat partykeer nogal waardevolle raad en rate het. Maar partykeer sê iemand hulle het ’n uitslag, dan wissel die opmerkings van ’n gewone uitslag tot gordelroos, om nie eers van die boererate te praat wat die mense voorstel nie. Ek begin al dink die meeste ouer mense dink Dettol maak alles beter – tot arme honde loop deur. Of as iemand se keel seer is, dan kan dit van ’n gewone keelseer tot keelkanker wees.
Ek belowe jou, die persoon wat die vraag vra, gaan nie gewone keelseer sien nie, maar die kankerdeel gaan definitief uitstaan. Meeste van die kere gaan dié mense wat die vrae vra steeds dokter toe. En meeste van die tyd was nie een van die Facebook-“dokters” se diagnoses reg nie. Google en Facebook, dink ek, moet vir algemene vrae gebruik word en om jou kennis te verbreed, nie om siektes en hul simptome op te soek nie.
Dit is waarom dokters en spesialiste soveel jare studeer. As dit so maklik was om ’n dokter te word, dan sou ons almal seker gekwalifiseer het. Ons mensdom se probleem is ons sal Google en Facebook vir “hulp” vra, maar ons sal om die dood toe nie dokter toe gaan nie.
Ons sal liewer vir maande of jare met ’n pyn of skeet rondloop en hoop en bid niks ernstigs is verkeerd nie. Ek het al gehoor mense sê “ek wens ek het vroeër dokter toe gegaan”. Ek is ook nie altyd lus om die geld uit te gee nie, maar een van my Nuwejaarsvoornemens is om beter na myself te kyk – mens raak ongelukkig nie jonger nie. So as daar ’n pyn of skeet is, gaan die dokter definitief van my hoor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie