Vroeë Kersfees vir Lucia

Barmhartige Samaritane het onlangs ’n jong meisie bederf wat die afgelope maande deur diep waters is.
Tanja Bause
Tanja Bause – Lucia Soroses (8) die meisie van Grootfontein wat in Junie in warm as getrap het en brandwonde op haar hande en bene opgedoen het, sterk goed in die staatshospitaal op dié dorp aan.

Sy is Donderdag, op die vakansiedag, deur mee. Neilla Piorek en Chantelle Borman met Kersgeskenke verras.

“Ek was van die begin af by haar betrokke en het baie na haar verlang en besluit om te gaan kuier. Ons het pakkies opgemaak en die Kersgeskenke ingepak wat mense vir haar by my kom aflaai het,” het Piorek gesê.

Drie maande nadat Lucia verbrand het, het haar ma haar uit die hospitaal ontslaan en huis toe geneem. Sy het vir nog ’n maand by die huis gelê en die wonde het al hoé meer ontsteek so veel so dat haar tannie Maria Nisas foto’s van Lucia vir Piorek gewys het. Piorek het onmiddellik die bal aan die rol gesit en vir A Better Life Projekt 2020 vir hulp genader.

Luica is na Windhoek vir behandeling geneem waarna sy terug in die hospitaal op Grootfontein geplaas is totdat haar wonde herstel het.

“Ons het aan die vyf kinders wat saam met haar in die hospitaal is ook geskenke uitgedeel. Dr. K.J. Nderecha van Tsumeb en sy Amarok-groep het ook geskenke ingesamel en afgegee. Ons het ook geskenke aan die drie kinders in die staatshospitaal op Tsumeb gegee.”

“Dit gaan goed met Lucia en sy loop nou al sonder hulp en sy sterk goed aan.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!