Vroeu00eb Kersgeskenk vir die Kankervereniging
Vroeu00eb Kersgeskenk vir die Kankervereniging

Vroeë Kersgeskenk vir die Kankervereniging

Yandi Du Plessis
Die Kollege van die Kunste (Cota) bied eerskomende Sondag (5 Desember) die Christmas Memories-konsert ten bate van die Kankervereniging van Namibië (CAN) aan.
Jürgen Kriess, Hans-Peter Drobisch, Ebbie Becker, Hermien Coetzee, senior studente van Cota en Fanie Dorfling en sy kore sal die gehoor met ’n wye verskeidenheid van Kersmusiek vermaak.
Kaartjies by die deur kos N$100 vir volwassenes en N$50 vir skoliere en pensioenarisse. Die konsert vind plaas by die NG kerk in Suiderhof (Hendrik Hopstraat) en begin om 19:00.
Vir dié wat wil, sal daar na die konsert ’n geleentheid wees om ’n kontantskenking aan CAN te maak.
Vir enige navrae, kontak Hermien Coetzee by 081 260 3396.

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!