Vroeë vakansie ná uitgelekte vraestelle
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê skole gaan vroeër sluit as wat aanvanklik aangekondig is, om streke in staat te stel om voor te berei vir die voortsetting van die nasionale eksamens aanstaande jaar vir vakke wat geraak is. Dit volg nadat vraestelle vir graad 11 Engels (2), biologie en geskiedenis uitgelek het. Vir preprimêre grade tot graad 3 sluit die skool eerskomende Vrydag, terwyl dit vir graad 4- tot graad 10-leerlinge op 9 Desember sluit. Die ministerie sal vandag tydens 'n amptelike nuuskonferensie meer inligting oor die uitgelekte vraestelle en nuwe vakansiedatums bekend maak.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie