Vrolike nuwe baadjie vir sentrummuur
’n Internasionale muurkunstenaar het ’n werkwinkel vir 19 van Namibië se talentvolste kunstenaars aangebied.
Die Red Bull Amaphiko-muurskilderprojek het op 7 September onder leiding van die internasionale muurkunstenaar Monstariam afgeskop.
Hy het ’n muurskilderwerkwinkel vir 19 van Namibië se talentvolste kunstenaars aangebied.
Die projek het op 17 September op ’n hoë noot geëindig toe die Amaphiko-kunstenaars ’n muur by die Wernhil Park-winkelsentrum se bushalte geverf het.
Onder die leiding van die Namibiese kunstenaar Petrus Amuthenu, ook bekend as JERO, is ’n meesterstuk met die temas #onenation, #itsup@ua, #art4change en #respect geskep.
Ná 40 ure van verf het Monstariam die Namibiese kunstenaars, wat tussen 15 en 37 jaar oud is, met hul “uitstekende stukkie kunswerk” gelukgewens.
“Ek het nog nooit saam met so baie talentvolle kunstenaars aan een projek gewerk nie.
“Ek het hoë verwagtinge vir hierdie land in terme van kultuur, wat in die toekoms pragtige muurskilderye gaan skep. Sommige van die kunstenaars sal dit beslis internasionaal maak. Met die huidige talent kan Namibië in die nabye toekoms toeriste van oraloor die wêreld lok om plaaslike kuns te kom afneem,” het Monstariam gesê.
Die Namibiese kunstenaars is deur die projek aangespoor om nuwe stemme vir kuns in Namibië te word.
Hulle sien uit daarna om meer kunsprojekte in Namibië as 'n span aan te pak en om vernieling in verfraaiing te omskep.
Die muurskildery en werkwinkel is deur Gondwana Collection, Ohorongo Cement, Neo Paints en Fresh FM moontlik gemaak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie