Vrou aan stuur van suksesvolle visbewaring in Kaza
Vrou aan stuur van suksesvolle visbewaring in Kaza

Vrou aan stuur van suksesvolle visbewaring in Kaza

Binnekort sal ‘n nog vyf nuwe vaswatervisreservate binne bewaringsgebiede afgekondig word wat gemeenskappe regte oor dié bron gee.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Aan die stuur van die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied (Kaza) se suksesverhaal in die bewaring van varswatervis staan ‘n vrou, me. Salvation Matengu Ntelamo.

Sy is die projekkoördineerder by Namibia Nature Foundation (NNF) en aan die hoof van die projek waarin gemeenskappe hul vir die bewaring van visserybronne in die Kaza-gebied beywer - ‘n projek wat bewys is om visgetalle in die gebied se riviere te herstel en onwettige hengelary te voorkom.

Boonop sal ‘n verdere vyf nuwe vaswatervisreservate binne die Lusese- en Nakabolelwa-bewaringsgebiede na verwagting binnekort afgekondig word.

Ntelamo sê daar bestaan reeds twee varswater-visreservate - die Kalimbeza-kanaal in die Sikunga-bewaringsgebied, asook die Kasaya-kanaal in die Impalila-bewaringsgebied. As deel van die projek is dié reservate reeds in 2015 deur die ministerie van visserye en mariene hulpbronne met die steun van die NNF en die Europese Unie gestig.

Kaza se bronne van varswatervis is onder druk as gevolg van ‘n groeiende mensbevolking in die gebied asook die kommersialisering van dié bron. Dit het die afgelope jare tot ‘n sterk afname in visgetalle gelei en die beskikbaarheid daarvan vir huishoudelike verbruik is erg beperk.

Daarom is visreservate gestig wat aan gemeenskappe regte en beheer oor die varswatervis binne beskermde gebiede gee.

Ntelamo, wat in dié gebied grootgeword het, tree op as ‘n skakel tussen die gemeenskap, viswagte en die ministerie. Sy help gemeenskappe om komitees te stig sodat visreservate gestig kan word en bied leiding oor hoe visgetalle en vismarkte gemonitor kan word.

“Gemeenskappe trek voordeel daaruit om meer vis vir eie gebruik beskikbaar te hê. Toeriste besoek gebiede soos Impalila om tiervis te vang, wat beteken plaaslike gemeenskappe verdien ook ‘n inkomste hieruit,” het sy gesê.

Ntelamo doen ‘n beroep op gemeenskappe en hul vennote om betrokke by die projek te raak en sodoende wildmisdaad te bestry.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!