Vrou bloei glo dood nu00e1 bevalling
Vrou bloei glo dood nu00e1 bevalling

Vrou bloei glo dood ná bevalling

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die lewensmaat van ’n vrou wat weens bloedverlies gesterf het nadat sy natuurlik geboorte geskenk het, dagvaar die staat vir meer as ’n miljoen dollar in skadevergoeding.

Mnr. Lukas Natangwe Hamukoto dagvaar buiten die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ook die hoof- mediese superintendent van die staatshospitaal op Keetmanshoop. Volgens hofstukke het me. Julinda Oshoveli Immanuel op 14 Desember 2018 omstreeks 23:00 met kraampyne by die staatshospitaal opgedaag. Sy het die volgende dag tussen 00:00 en 04:00 normaal geboorte aan ’n babadogtertjie geskenk.

Sy het na afloop van die bevalling ’n geskeurde baarmoeder gehad wat gebloei het. Omstreeks 08:00 die oggend het ’n familievriend vir Immanuel gevind waar sy in ’n plas bloed gelê het. Teen 11:00 dieselfde dag is die besluit geneem om Immanuel per staatsambulans vir verdere behandeling na Windhoek te stuur. Sy het omstreeks 14:07 tussen Keetmanshoop en Mariental in die ambulans beswyk.

Vyf dae later is ’n nadoodse ondersoek op Immanuel in die Windhoek Sentrale Hospitaal uitgevoer.

Volgens ’n verslag deur dr. Simasiku Kabanje kan Immanuel se dood toegeskryf word aan postpartum-bloeding. Volgens hofstukke was Immanuel ’n verkoopsdame wat vir haarself op die dorp gewerk het. Sy het gemiddeld N$5 000 per maand verdien waarmee sy haar gesin onderhou het. Sedert haar dood moes haar lewensmaat vir hul babadogter formulemelk koop omdat Immanuel haar nie kon borsvoed nie. Hy moet ook die paartjie se ander seun en dogter versorg. Die staat se verweer is Hamukoto was nie met Immanuel getroud of is die eksekuteur van haar boedel nie.

Hamukoto eis N$1 miljoen vir emosionele en sielkundige skok en trauma, N$600 000 wat bereken is op N$700 per maand per kind totdat hulle 18 is om hulle te versorg, N$20 000 vir die formulemelk vir hul jongste babadogter, sowel as begrafniskoste van N$50 000. Die totale eis beloop N$1,6 miljoen. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!