Vrou breek dogter se arm oor speserye
Gesin ‘vrees vir slagoffer se lewe’
Tuyeimo Haidula op Oshakati – 'n Bejaarde vrou van Omulondo in die Oshikotostreek het haar dogter na bewering ernstig aangerand en 'n breuk veroorsaak wat tot 'n geamputeerde regterarm gelei het.
Die vrou, wie se naam weerhou word omdat sy nie formeel aangekla of in hegtenis geneem is nie, het me. Wilka Shikongo glo geslaan nadat sy speserye geëet het wat eintlik gebruik moes word om die vleis te geur.
Shikongo (43) herstel tans in die Onandjokwe-staatshospitaal, waar sy mediese behandeling ontvang.
Die voorval het in die middagure by Shikongo se ma se woonkwartiere op Omulondo in die Olukonda-kiesafdeling plaasgevind. Die polisie in die Oshikotostreek het die voorval bevestig en sou die slagoffer gister besoek om uit te vind of sy 'n saak aanhangig wil maak. Die Namibiese wet laat die staat toe om 'n saak namens die slagoffer aanhangig te maak as die persoon jonger as 18 jaar is.
'n Gesinswoordvoerder – Shikongo se broer – het gesê hulle vrees vir haar lewe en dat hul ma haar uiteindelik kan vermoor.
Die man, wat verkies het om anoniem te bly, het gesê hul ma het Shikongo op 6 Augustus vanjaar aangeval toe een van haar kleinkinders haar vertel het haar dogter is besig om die speserye te eet wat vir die vleis bedoel was. Hy het gesê sy ma het 'n groot stok (odibo) gevat en Shikongo daarmee begin slaan.
“Sy is na die Onandjokwe-hospitaal vir noodbehandeling gehaas. Die dokter het ná 'n paar weke vir haar gesê hulle moet die arm amputeer,” het hy gesê.
– [email protected]
FOTO
‘n Pensioenaris van die dorp Omulondo het haar dogter, me. Wilka Shikongo, na bewering ernstig aangerand en 'n breuk veroorsaak wat tot 'n geamputeerde regterarm gelei het. Foto Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie