Vrou dagvaar Facebook weens emosionele stres
Scola was glo nege maande ’n modereerder by dié sosialemediaplatform, wat plasings moes nagaan en onvanpaste inhoud verwyder.
Petrus Malherbe – ’n Voormalige werknemer van Facebook voer in hofstukke aan haar diagnose met posttraumatiese stres is hoofsaaklik te wyte aan haar ervaring by die maatskappy, daarom dagvaar sy Facebook.
Selena Scola, tot onlangs ’n modereerder by Facebook, dagvaar die sosiale netwerk vir die emosionele leed wat sy tydens die verrigting van haar pligte ervaar het.
Scola was nege maande ’n modereerder by Facebook wat plasings moes nagaan en onvanpaste inhoud verwyder, berig Forbes.
Luidens hofstukke sê Scola sy was in dié tydperk blootgestel aan “duisende foto’s, video’s en regstreekse uitsendings” van onder meer kindermishandeling, verkragting, marteling, onthoofding, bestialiteit, moord sowel as mense wat hul eie lewe neem.
Volgens haar het die maatskappy nie genoeg gedoen om sy werknemers te beskerm teen die trauma en leed wat die blootstelling aan dié gewelddadige beelde veroorsaak nie.
Hoewel Facebook reeds meer as ’n dekade gelede begin het om berading en opleiding aan modereerders te verskaf, meen Scola die maatskappy het haar nie voldoende bygestaan nie.
Scola het glo naderhand simptome soos moegheid, slaaploosheid en angstigheid begin ontwikkel. Sy is later met posttraumatiese stres gediagnoseer.
Sal só ’n saak in SA slaag?
Pieter Human, kenner van arbeidsreg en direkteur van die aanlyn diens Labourwise, twyfel sterk of ’n soortgelyke klag in Suid-Afrika sal slaag.
Hy verwys spesifiek na gevalle waar modereerders van byvoorbeeld nuuswebtuistes op sosiale media of in die kommentaarveld deurloop onder snedige en onvanpaste kommentaar van lesers, of waar hulle onwelvoeglike inhoud moet aanskou en verwyder.
“Dit sal alles afhang van die omstandighede,” sê hy. Volgens Human is die arbeidsreg baie gegrond op redelikheid. Daarom sal dit baie afhang van waaraan die persoon blootgestel was, en of die moontlikheid daarvan in sy of haar diensvoorwaardes uitgestippel was.
“As die beskrywing van jou werk insluit dat jy na pornografiese materiaal gaan moet kyk, dan het jy mos geweet wat om te verwag.”
Volgens Human sal ’n persoon slegs ’n moontlike aansoek by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) kan indien in die geval van ’n konstruktiewe ontslag waar hy of sy bedank het omdat die werkgewer dit onmoontlik gemaak het om sy of haar pligte te verrig.
“Maar dit gaan ook afhang of daar ander pligte bygekom het afgesien van dié wat in die oorspronklike beskrywing van die pos waarvoor aansoek gedoen is, uiteengesit is.”
Indien die pligte nie verander of nuwes bygevoeg is nie, meen Human het ’n persoon geweet waarvoor hy homself inlaat en kan hy of sy daarom nie aanspraak maak op onregverdige behandeling of nalatigheid nie.
Luidens hofdokumente word Scola se simptome vererger as sy aan ’n rekenaar se muis raak, ’n koue gebou betree, geweld op televisie sien of ’n harde geluid hoor.
Sy sukkel ook om die gewelddadige beelde te beskryf.
Volgens Korey Nelson, ’n prokureur wat by die saak betrek word, is dit ’n alombekende feit dat blootstelling aan sulke gewelddadige beelde ’n blywende negatiewe impak op die kyker het.
“Facebook is besig om sy plig te ignoreer om ’n veilige werkomgewing te skep. In plaas daarvan skep hy ’n plek waar kontrakteurs kom en gaan, onherstelbaar geskaad deur wat hulle moes aanskou.”
Scola is deur die agentskap Pro Unlimited by Facebook geplaas. Dié agentskap word ook by die hofsaak betrek.
Volgens haar prokureur, Steve Williams, wil Scola hê Facebook moet ’n mediese fonds begin waaruit modereerders se behandeling vir posttraumatiese stres betaal kan word.
Bertie Thomas, Facebook se direkteur van korporatiewe kommunikasie, sê in ’n verklaring die maatskappy is bewus van Scola se klag en dat dit hersien word. Thomas het ook toegegee dat die werk van modereerders “moeilik” kan wees.
Facebook het 7 500 modereerders in diens en luidens ’n aankondiging deur die sosiale netwerk vroeër gaan dié syfer teen die einde van die jaar tot 20 000 vermeerder word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie