Vrou eis miljoene van psigiater
'n Psigiater wat van onsedelike aanranding en verkragting aangekla word, staar nou ook 'n skadevergoedingseis in die gesig.
Henriette Lamprecht
'n Vrou wat beweer 'n bekende psigiater op Swakopmund het haar in sy spreekkamer bedwelm en toe verkrag, het 'n skadevergoedingseis van N$10 miljoen teen hom ingestel.
Dr. Pieter van der Westhuizen staan ook in die hoërhof tereg op aanklag van poging tot moord, onsedelike aanranding en drie klagte van verkragting waarop hy onskuldig gepleit het.
Van der Westhuizen het na bewering die vrou in November 2015 in sy spreekkamer bedwelm en toe verkrag. Sy is na bewering 'n oordosis Ritalin, Valium- en Ativantablette gegee. Sy is glo ook alkohol ingegee.
Van der Westhuizen word ook deur die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) vir verskeie klagte van onprofessionele gedrag ondersoek. Volgens die raad se hoofbeampte vir regsdienste, me. Johanna Nghishekwa, het die Mediese en Tandheelkundige Raad vier klagte van onprofessionele gedrag teen hom ontvang. Ondersoeke na twee van die klagte is reeds voltooi, terwyl die res voortduur.
In hofdokumente sê die klaer sy moes die dag van 'n opvolgafspraak met Van der Westhuizen 16 Ritalins neem wat tot onder meer angsaanvalle en hartkloppings gelei het. Sy moes glo 'n verdere vier Valiums, nog vier verskillende soorte medikasie en ook 'n “waarheidpil” drink. Van der Westhuizen het daarna 'n narko-ontleding van die klaer gedoen. Volgens haar was dit tydens die narko-ontleding wat hy haar terwyl sy onder swaar medikasie was, na bewering oor 'n tydperk van vier ure onsedelik aangerand en verkrag het.
Van der Westhuizen het glo gedreig om haar mediese geskiedenis bekend te maak wat met 'n vorige seksuele aanranding verband hou as sy ooit vir iemand van die beweerde onsedelike aanranding en verkragting vertel.
Die eiser sê die beweerde aanval het skok en stres, pyn en lyding, sowel as chroniese emosionele en sielkundige trauma veroorsaak.
Sy het ook aan ernstige traumatiese stres gely en wat 'n verdere impak op haar gehad het in so 'n mate dat sy in 'n hospitaal in Suid-Afrika opgeneem moes word. Sy het selfdoodneigings gehad en het op vier verskillende geleenthede haar eie lewe probeer neem. Volgens haar het haar hospitalisasie in Suid-Afrika haar mediese fonds uitgeput en moes sy noodgedwonge haar huis en motor verkoop. Sy het ook haar werk verloor en het nog nie weer werk gekry nie.
Volgens haar verklaring het sy 'n ernstige vorm van bipolêre depressie en epilepsie ontwikkel, kry nagmerries, het selfdoodneigings en beseer haarself. Sy het gevolglik vir die res van haar lewe konstante psigiatriese hulp nodig.
Van der Westhuizen ontken in sy verweer al die aantygings teen hom. Hy erken hy het die narko-ontleding uitgevoer en Ritalin aan die klaer voorgeskryf en ook ander medikasie waaronder Diazepam. Volgens hom het die vrou 'n “vals herinnering” van onsedelike aanranding en verkragting.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie