Vrou eis vir val voor hospitaal
Vrou eis vir val voor hospitaal

Vrou eis vir val voor hospitaal

'n Gebreekte keisteen is glo die oorsaak van meer as N$700 000 se skade­vergoedingseis.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



'n Vrou wat weens 'n gebreekte keisteen voor 'n private hospitaal in Windhoek beseer het, eis nou skadevergoeding.

Volgens me. Henriette ­Wilhelmina Rispel, 'n programbestuurder by Tucsin, het sy op 17 April 'n pasiënt vir behandeling by die Mediclinic-hospitaal in die hoofstad afgelaai. Onderweg na die parkeerterrein het sy reg voor die hospitaalvoordeur oor 'n gebreekte keisteen in die geplaveide area gestruikel en haar linkerbeen en -enkel beseer.

Volgens Rispel moes die hospitaal die keistene by die ingang onderhou het en het dit ook nie 'n kennis­gewing by die betrokke area gehad wat mense oor die stukkende steen waarsku nie.

Rispel het gesê haar linker­enkel en -been moes tussen April en Junie twee maal in gips gesit word ná 'n operasie waartydens sy skroewe in die fraktuur moes kry.

Volgens haar het sy “ondraaglike pyn en ongemak” ervaar, al haar siekverlof opgebruik en kan sy vir 'n jaar nie na haar werk terugkeer totdat sy ten volle herstel en weer op haar voete is nie.

Rispel eis N$743 000 van Medi­clinic Windhoek: N$6 000 vir mediese uitgawes wat sy reeds moes aangaan, N$16 000 vir vervoer­koste en uitgawes vir ­daaglikse ­versorging, N$150 000 vir ­algemene skade vir pyn en lyding, N$175 000 vir toekomstige mediese uitgawes en N$396 000 vir toekomstige verlies aan inkomste wat 12 maande se salaris insluit.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!