Vrou geholpe, man se operasie 'n sukses
Vrou geholpe, man se operasie 'n sukses

Vrou geholpe, man se operasie 'n sukses

Henriette Lamprecht
Die vrou wat in 'n parkeerterrein by die Katutura-hospitaal in haar motor gebly het om naby haar man te wees wat weke vir 'n heupoperasie gewag het, is Dinsdagaand reeds deur weldoeners met verblyf gehelp. Haar man wat ook 'n kankerlyer is, is na die Sentrale Hospitaal oorgeplaas waar hy vandag 'n suksesvolle heupoperasie ondergaan het. Hy sal môre (Donderdag) weer na die Katutura-hospitaal oorgeplaas word waar die ortopediese afdeling is en hy onder meer fisioterapie sal ontvang.

Volgens sy vrou behoort hy teen Vrydagmiddag ontslaan te word. Met verwysing na sy chemoterapie sê die hoop is dat hy eers weer "'n bietjie sterker is" en van die operasie herstel het voordat hy weer met dit voortgaan.

Sy het haar dank teenoor haar weldoeners en veral dr. Chantelle Doman uitgespreek en aan elke persoon wat hulp aangebied het.

"Ek voel soos 'n koningin, ek kan nie vir die Here genoeg dankie sê nie. Baie baie dankie aan elkeen, mag Hy elkeen van julle seën."

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!