Vrou glo nu00e1 verkragting doodgekap
Vrou glo nu00e1 verkragting doodgekap

Vrou glo ná verkragting doodgekap

Boonop is twee voertuie is die afgelope naweek deur gewapende rowers gesteel.
Tanja Bause
Tanja Bause/Nampa – Die afgelope naweek is drie verkragtings by die Namibiese polisie aangemeld.

Vrydag omstreeks 22:00 het ’n 21-jarige man me. Laina Naimbundu glo naby die sjebeens in die Emanya-nedersetting op Tsintsabis verkrag.

Hy het haar volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag daarná glo met ’n panga doodgekap. Sy het op die toneel gesterf en die verdagte is in hegtenis geneem.

’n Elfjarige meisie is Saterdag in die Harambee-buurt op Karibib na bewering tussen 09:00 en 15:00 deur ’n 17-jarige seun verkrag.

Haar ma het haar glo alleen by die huis gelos om ’n begrafnis by te woon.

Volgens die koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu, het die meisie glo na hul bure gegaan, waar die verdagte haar verkrag het.

Die meisie het die voorval by die polisie aangemeld en die verdagte is in hegtenis geneem.

Na wat verneem word, is nóg ’n vrou Saterdagoggend vroeg op Gibeon verkrag. Die slagoffer, ’n 28-jarige vrou, het glo saam met haar vyfjarige seun in haar sinkhuis gelê en slaap toe ’n man, wat aan haar bekend is, die deur oopgebreek het.

Volgens Adj.komm. Eric Clay, polisiekoördineerder van misdaadondersoeke in die Hardapstreek, het die man die deur glo agter hom toegesluit en haar beveel om haarself te gedra, of hy sou haar vermoor.

“Die verdagte het die slagoffer glo beveel om uit te trek, maar sy het geweier en hy het haar met sy vuiste in die maag geslaan,” sê Clay. Hierna het hy die vrou glo verkrag.

Die vrou het glo om hulp geskree en haar seun het wakker geword en die daad gesien.

Die verdagte is nog op vrye voet.

Me. Johanna Frederick (27) is Vrydag dood nadat sy glo deur ’n 27-jarige vriendin met ’n mes gesteek is. Die voorval het na wat verneem word Vrydag omstreeks 20:00 in die Hei-eib-buurt op Gochas plaasgevind.

“Die verdagte het haar vrienden na bewering met ’n mes in die nek gesteek en die slagoffer het op die toneel gesterf. Beide die vroue was glo onder die invloed van drank en in ’n bakleiery betrokke,” het Clay gesê.

Die verdagte in is hegtenis geneem en die polisieondersoek duur voort.

Rooftogte

Saterdag omstreeks 23:15 is ’n man by sy erf op Oshakati van onder meer sy bakkie beroof.

Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, het die man by sy huis aangekom, sy voertuig geparkeer en uitgeklim om die hek oop te sluit. Twee mans het glo na sy bakkie aangestap gekom.

“Die een man het na bewering ’n pistool in sy hand gehad. Die man het na die bestuurderskant van die voertuig beweeg, terwyl die ander man na die passasierskant gestap het. Die mans het in die voertuig geklim en weggery, terwyl die slagoffer nog met die hek besig was,” het sy gesê.

Hulle het toe glo met die slagoffer se Toyota Hilux-dubbelkajuitbakkie met die registrasiemerk N208144W, ter waarde van N$365 000, sy beursie met persoonlike dokumente, N$30 en sy IPhone5 ter waarde van N$3 000 op die vlug geslaan.

Niemand is al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die bakkie is nog nie teruggekry nie.

Saterdag het vyf mans in Otjomuise in Windhoek ’n man na wat verneem word met messe gedreig en sy voertuig gesteel.

Die voorval het glo om 04:00 by die Otjomuise-kroeg plaasgevind.

Die voertuig is naby die Omandabi-woonstelle in Okuryangava teruggekry.

Die bande en battery is gesteel.

Vier van die mans is in hegtenis geneem en een is nog op vrye voet.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!