Vrou glo ontvoer, aangerand, verkrag, beroof
Vrou glo ontvoer, aangerand, verkrag, beroof

Vrou glo ontvoer, aangerand, verkrag, beroof

Man doodgeslaan ná foon voete kry
Tanja Bause
Tanja Bause - ’n Taxibestuurder (32) is die naweek in hegtenis geneem in verband met die ontvoering, aanranding, verkragting en roof van ’n 28-jarige vrou.

Die voorval het volgens die polisie se misdaadverslag Saterdag tussen 01:00 en 02:00 in die Iindangungu-nedersetting op Ondangwa plaasgevind.

Die vrou is glo ’n maatskaplike werker in diens van die ministerie van geslagsgelykheid op Ongenga en die taxibestuurder het haar volgens die polisie met ’n mes gedreig, verkrag en van N$1 900 beroof.

Die slagoffer was glo van Windhoek af op pad na Omhedi. Sy het glo op Ondangwa in die taxi geklim en wou na die Onhuno-weegbrug gaan waar haar ouers vir haar gewag het.

Ná die vermeende verkragting en roof het die polisie die man in hegtenis geneem, en die slagoffer se geld en klere is in die taxi gevind.

Tussen Mei en Junie vanjaar het twee mans, waarvan een 36-jaar oud is, glo ’n agtjarige meisie verskeie kere in hul sinkhuise verkrag. Die voorvalle het glo in die Tutaleni-nedersetting op Walvisbaai plaasgevind.

Die slagoffer en die twee verdagtes woon glo op dieselfde erf, maar in verskillende sinkhuise.

Die 36-jarige man is in hegtenis geneem en die ander verdagte, wat aan die polisie bekend is, het op die vlug geslaan.

Die polisieondersoek duur voort.

Vermeende moord en poging tot moord

Die tienjarige Josef Uumati het Saterdag om 13:00 in Okaku in die Ondangwa-omgewing gesterf ná hy na wat verneem word met ’n ysterstaaf oor die kop geslaan is.

Hy is met sy aankoms by die Oshakati-staatshospitaal dood verklaar.

Die oorledene en ’n 15-jarige seun het glo in ’n nabygeleë nedersetting onwettig hase gaan jag.

Die 15-jarige het ’n voël glo met ’n klein ysterstaaf gegooi wat die slagoffer teen die kop getref het.

Die polisieondersoek duur voort.

Saterdag om 16:00 het ’n 30- en 43-jarige man by Spitzkoppe in die Usakos-omgewing na bewering by ’n kroeg ontspan. ’n Ander man wou glo een van dié mans se selfoon gebruik, maar het met die foon verdwyn.

Hierna is die man glo gevind en aangeval.

Die slagoffer, wat vermoedelik van Windhoek af kom, het inmekaargesak en op die toneel gesterf.

Sy naasbestaandes is nog nie opgespoor nie en die verdagte is in hegtenis geneem.

Mnr. Victor Xoagus (18) is Sondag om 01:00 in die Vilakazi Lounge in Kuisebmond op Walvisbaai drie keer met ’n skerp voorwerp in die bors gesteek. Hy is met sy aankoms by die Walvisbaai-staatshospitaal dood verklaar.

Die verdagtes is aan die polisie bekend, maar nog nie in hegtenis geneem nie.

Vrydag omstreeks 05:00 is ’n 23-jarige man in sy sinkhuis deur ’n koeël getref. Die voorval het in die Goreangabdam- informele nedersetting in Windhoek plaasgevind.

Die man het glo in sy bed gelê en geslaap toe hy wakker word van ’n harde klap op die dak van sy sinkhuis.

Die koel is deur die sinkplate geskiet en het hom in die rug getref.

Hy is in ’n bestendige toestand in die Katutura-staatshospitaal opgeneem.

Onwettige besit

Sondag omstreeks 14:30 is twee mans van 18 en 29 op Gobabis in hegtenis geneem. Hulle was na bewering in die besit van N$34 600 se vervalste geld.

Die polisie het beslag op die geld gelê en die ondersoek duur voort.

Vrydag is vier verdagtes in Helao Nafidi op Oshikango in hegtenis geneem. Hulle was in die besit van twee olifanttande en ’n lewende ietermagô.

Die polisieondersoek duur voort.

‘n Spaanse burger (35) is Saterdag omstreeks 00:45 voor die Casamia Hotel op Walvisbaai in verband met die besit van kokaïen ter waarde van N$500 in hegtenis geneem.

Vrydag om 07:30 is ’n 37-jarige man in Schlip wat na bewering in die besit van 23 Mandrax-tablette, drie halwe Mandrax-tablette, sewe kwart Mandrax-tablette en 44 ballies dagga ter waarde van N$3 700 was, in hegtenis geneem.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!