Vrou met demensie se hoop op hof
Om iemand ’n heks te noem en haar te probeer doodmaak, is ’n strafregtelike oortreding, het ’n hof bevind.
Henriette Lamprecht – Vyf jaar ná ‘n vrou van die Noorde deur ‘n buurvrou ‘n “heks” genoem is, en in die proses haar lewensmiddele verloor het, het die wiele van geregtigheid eindelik in haar guns begin draai.
Me. Frankhilde Haingura, wat demensie het, het in 2013 al haar beeste, bokke en ‘n cuca-winkel verloor.
Dít omdat haar gemeenskap haar uit onkunde verwerp het.
Op 19 November het Haingura se buurvrou en dié se dogter uiteindelik in die hof op Kahenge in Kavango-Wes verskyn op onder meer ‘n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Laasgenoemde hou verband met ‘n voorval in Januarie 2013 toe die twee vroue Haingura ernstig met klip aangerand en haar vir dood agtergelaat het.
Sy het ‘n klag teen haar aanvallers gelê, maar die saak is van die hofrol geskrap, omdat die twee vroue volgens die landdros nie toegang tot regshulp gehad het nie.
Haingura se aanvallers het op 19 November uiteindelik weer in die hof verskyn, ná die saak weer danksy die hulp en ondersteuning van Alzheimer Dementia Namibia (AND) en die stigter van dié organisasie, mnr. Berrie Holtzhausen, weer op die rol geplaas is.
Volgens Holtzhausen was dit ‘n oorwinning vir alle Namibiërs wat met demensie saamleef en wat as hekse beskou word.
Vir Haingura en haar seun Andreas was dit ‘n reuseverligting toe die landdros tydens haar aanvallers se hofverskyning gesê het om iemand ‘n heks te noem en haar te probeer doodmaak, is ‘n strafregtelike oortreding, sê Holtzhausen.
Die saak kom weer op 14 Januarie aanstaande jaar voor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie