Vrou op plaas aangeval
Aanvaller met donshael geskiet
Henriette Lamprecht - ’n Vrou is op ’n plaas in die Maroelaboom-distrik in die vroeë oggendure in haar plaashuis aangeval, terwyl haar twee kleinseuns saam met haar in die huis was.
Die 59-jarige me. Marieta Steinbach is om 04:00 Sondag op ’n plaas sowat 87 kilometer buite Grootfontein deur ’n voormalige plaaswerker met ’n panga aangeval.
Volgens Steinbach het sy oudergewoonte om 03:00 opgestaan, al haar honde uit die huis gelaat en vir haar en haar twee kleinseuns wat oorgeslaap het, gaan koffie maak.
“Ek het my Jack Russell by die agterdeur uitgelaat en die gaasdeur vir die slange toegetrek.”
Sy het haar kleinseuns, onderskeidelik nege en 15 jaar oud, wat by haar in die kamer geslaap het, gaan wakker maak.
“Ons was in die kamer toe ek die man in die sitkamer sien staan.”
Steinbach se kleinseun het vir haar ’n rewolwer wat met donshael gelaai is en waarmee sy gewoonlik slange skiet, aangegee.
Volgens Steinbach het sy ’n skoot in die lug afgevuur terwyl sy na die sitkamer beweeg het. Die man het ’n boekrak oor Steinbach omgestamp, waarna hy na die kombuis beweeg het.
“Die kombuis is klein en dit was donker. Hy het met ’n panga op en teen alles begin slaan en goed van die tafel en kaste afgegooi.”
Steinbach is met die panga op haar voorkop getref.
“Ek het op my knieë neergesak, alles was donker. Ek het die sneller net getrek en het nie geweet waarheen ek skiet nie, alles was vol bloed.”
Volgens Steinbach het die donshael die aanvaller skrams op sy regterarm en -been getref, waarna hy uit die huis gevlug het.
Werkers op die plaas het die skote gehoor en Steinbach te hulp gesnel wat hulle opdrag gegee het om die aanvaller te agtervolg.
Sy het haar dogter op Tsumeb gebel en saam met haar oudste kleinseun gery om die plaashekke oop te sluit vir haar dogter en haar broer wat ook in die omgewing boer.
Met hul terugkeer na die plaashuis, was die aanvaller volgens Steinbach weer terug by die huis. Haar broer en ’n vriend het hom in die mielieland vasgetrek.
Volgens Steinbach was haar dogter en broer ongeveer twee ure vóór die polisie op die toneel.
“Toe ek op die dorp kom, wou die polisie my van poging tot moord in hegtenis neem, omdat die aanvaller glo ’n klag teen my gelê het.”
Hy is in die hospitaal op Grootfontein vir geringe wonde opgeneem waar Steinbach ook vir haar kopwond behandel is.
Volgens haar was die aanvaller ’n voormalige werknemer op die plaas.
“Hy het vir minder as ’n maand hier gewerk en ek skat hom tussen 60 en 70 jaar oud, hoewel hy sê hy is jonger. Ek vermoed ook hy was so ’n maand terug in my huis toe daar in my goed gekrap is.”
Die aanval is deur die polisie se misdaadkoördineerder vir die Otjozondjupastreek, adj. komm. Deon Marais, bevestig.
Volgens Marais is ’n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer teen die 53-jarige verdagte aanhangig gemaak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie