Vrou se baarmoeder ‘onregmatig’ verwyder
Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste staan opnuut in die beskuldigdebank met nog ’n skadevergoedingseis, nadat ’n vrou se baarmoeder glo sonder haar toestemming verwyder is.
Amalia Festus van Okuryangava in Windhoek eis N$3,8 miljoen van die ministerie.
Festus sê in haar pleitverduideliking sy het op 12 Desember 2017, terwyl sy sewe maande swanger was, die Katutura-hospitaal in Windhoek besoek omdat sy rug- en maagpyn gehad het. ’n Verpleegster het haar ondersoek en bevind dat sy sowat 8 tot 9 cm ontsluit was.
Festus is in die hospitaal opgeneem en deur mediese personeel ingelig dat sy ’n noodkeisersnee moet ondergaan. Ná afloop van die operasie is sy volgens haar nie ingelig dat daar enige mediese komplikasies tydens of ná die operasie was nie. Festus het vier dae in die hospitaal deurgebring, waar sy “pille” gegee is om te drink.
Op 16 Desember is sy ontslaan en volgens haar pleitverduideliking het sy die volgende dag erge maag- en nekpyn ervaar en ook gebraak. Sy is gevolglik na die Windhoek Sentrale Hospitaal, waar sy opgeneem is om deur ’n dokter ondersoek te word.
Sy is vir vyf dae op antibiotika geplaas, omdat sy volgens die dokter ’n infeksie gehad het, maar haar liggaam het nie hierop reageer nie. Volgens Festus is die aard van die infeksie en die mediese behandeling glo nooit met haar bespreek nie. Sy is vervolgens ingelig dat sy ’n operasie moet ondergaan om haar toestand te evalueer.
Volgens Festus is sy ná die operasie deur personeel ingelig haar baarmoeder was “vrot” en dat dit verwyder moes word. Festus sê dit is gedoen sonder dat haar of haar familie se toestemming gevra is. Die noodsaaklikheid van die prosedure is ook nie aan hulle verduidelik nie.
Festus het gevolglik al haar mediese rekords tydens haar verblyf in die hospitaal versoek, maar daar is glo aan haar gesê “dit kan nie opgespoor word nie”.
Sy het ook ná die operasie “verskriklike pyn” verduur en kan weens die prosedure nie meer kinders hê nie.
Festus eis vermoënskade (patrimonial damages) van N$100 000, N$750 000 vir emosionele en sielkundige skok en trauma, N$750 000 vir ongerief en ongemak, N$750 000 vir pyn en lyding asook N$1,5 miljoen vir fisieke beserings.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie