Vrou se keel gesny, in veld gelos
Vrou se keel gesny, in veld gelos

Vrou se keel gesny, in veld gelos

Misdaad
Kristien Kruger
’n 31-jarige man het na bewering sy meisie (27) se keel gesny en haar liggaam in ’n veld naby die Kakuwa Uuhongo informele nedersetting in Onesi gelos.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die verdagte haar keel met ’n onbekende voorwerp gesny en haar gewrig met dieselfde voorwerp gesteek.
Die wonde was glo baie diep en het geweldige bloeding veroorsaak.
Volgens die verslag het die voorval Vrydag omstreeks 13:20 plaasgevind en is die verdagte reeds in hegtenis geneem.

GESKIL TUSSEN BROERS
Twee broers het glo Vrydag omstreeks 00:30 in die Ongatudhiya informele nedersetting naby Elim tydens ’n bakleiery mekaar met messe gesteek. Die ouer broer (30) het aan sy beserings omgekom.
Die 23-jarige verdagte het glo sy broer in die bors, bobeen, buik en skouer gesteek en hy is op die toneel oorlede.
Die rede vir die geskil is glo onbekend. Die vermeende messteker is volgens die verslag in hegtenis geneem en is tans in die hospitaal vir die behandeling van sy wonde.

SKIETVOORVAL BY KROEG
’n 36-jarige man is na bewering Saterdagmiddag by die Greenville-kroeg in Greenwell Matongo in die bors doodgeskiet.
Volgens die verslag was die man tydens ’n rusie by die kroeg geskiet.
Hy is glo dadelik in ’n kritieke toestand na die Katutura-staatshospitaal geneem, maar het aan sy besering beswyk. Die verdagte is in hegtenis geneem.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!