Vrou skuldig aan moord op haar man
Vrou skuldig aan moord op haar man

Vrou skuldig aan moord op haar man

Drie van die ses beskuldigdes in ’n moordsaak is skuldig bevind, twee is skotvry verklaar en die ander een is oorlede voor die verhoor afgenahdel is.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – ’n Vrou is Vrydag in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind aan die moord op haar man nadat sy ’n groep mans sowat N$5 000 betaal het om hom te vermoor en teenwoordig was toe hul hom gestenig het.

Wyle mnr. Peter Rischo Muleke is op 30 Maart 2015 in die omgewing van Goreangabdam gestenig.

Ses mense is in verband met die moord in hegtenis geneem en ná ’n vier jaar lange verhoor is bevind dat die oorledene se vrou, Anastancia Nalucha Lubinda, en twee medebeskuldigdes, David Kondjara en Donald Hindjou, skuldig is aan die moord.

Mnre. Abiud Uazeua en Dollam Tjitjahuma is onskuldig bevind.

Een van die beskuldigdes, David Matali, is in 2018 in Windhoek Sentrale Gevangenis se aanhoudingselle oorlede.

Hoewel die beskuldigdes ook op klagte van sameswering en diefstal tereg gestaan het, het regter Johanna Salionga beslis dat daar nie genoeg bewyse is om hulle bo redelike twyfel daaraan skuldig te bevind nie.

Die drie oorblywende oortreders sal op 23 November weer in die hof verskyn vir finale betoë voor vonnisoplegging.

BEKENTENISSE

Op 15 Februarie 2018 het die hof ’n binneverhoor gehad om die toelaatbaarheid van drie bekentenisse vas te stel.

Lubinda, Kondjara en Hindjou het kort ná hul inhegtenisneming verklarings by drie onderskeie landdroste afgelê, maar het tydens hul verhoor beweer dat hulle gedwing was om die bekentenisse te gee.

Hierin het Lubinda erken dat sy die mans betaal het om haar man te vermoor omdat hy haar fisies mishandel het.

Salionga het op 5 Maart beslis dat die beskuldigdes die bekentenisse vrywilliglik gegee het en dat hulle van hul regte ingelig is. Die bekentenisse is as bewyse in die hof ingedien.

“Sy verskaf baie besonderhede in haar bekentenis. Goed wat sy nie sou kon geweet het as sy nie betrokke was in die beplanning van die moord nie,” het Salionga van Lubinda se bekentenis gesê.

Altwee die oorledene se broers en sy suster het tydens die verhoor vir die staat getuig.

SIGARET SE DNS-UITSLAE

Twee forensiese kenners van die Namibiese Instituut vir Forensiese Wetenskap (NIFS) het vir die staat getuig.

Me. Maryn Swart van die DNS-navorsingsafdeling by NIFS het ’n sigaretstompie wat naby die moordtoneel gevind is, vir DNS getoets en sy het van Kondjara se DNA daarop gevind.

Mnr. Marthino Olivier is die staatsaanklaer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!