Vrou stap vir wilde perde
Tanja Bause – 'n Eensame vroulike figuur stap tans op die C26-grondpad tussen Windhoek en Sesriem. Dit is me. Brigitte Bartsch wat besluit het om vir die wilde perde van die Namib te stap om bewustheid te skep en om geld vir hul voedingsprogram in te samel.
“Wat droom klein meisies oor? Meestal oor perde. Klein meisies, tieners, jong ma's, oumas, ons almal droom oor perde. Die pragtige diere wat 'n simbool van krag, stabiliteit, vriendelikheid, spoed en vryheid is,” het sy gesê.
Haar hele lewe lank het perde 'n aantrekkingskrag vir haar en nou op 73-jarige ouderdom het sy besluit om hulle op haar besonderse wyse te ondersteun. Dit, en die feit dat sy nog altyd die Camino de Santiago in Spanje wou stap.
“Maar hoekom so ver gaan as die land geleenthede het en die ruimte volop is vir nadenke en stap?” sêvra sy.
Bartsch is 'n gesoute stapper vandat sy ná 'n rugbesering begin loop het. Loop is vir haar tweede natuur.
Bartsch het besluit om vanaf haar tuiste in Windhoek na Garub, die tuiste van die wilde perde te stap. Sy gaan dit in twee fases doen. Die eerste fase waarmee sy tans besig is, het op 27 Julie begin en eindig op Sesriem. Dit is sowat 300 km. Volgende jaar sal sy in die winter die res van die roete vanaf Sesriem tot Garub, nog sowat 300 km, stap.
“Ek nooi enigiemand uit om my op die staptog te vergesel. Besoek daagliks die Facebook-blad van Namibia Wild Horses Foundation en wees deel van die staptog. Julle is welkom om skenkings direk aan hulle te maak of om langs die pad vir my te gee. Elke sent word waardeer.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie