Vrou steek huis van vermeende verkragter aan die brand
’n Man (29) is in die vroeë oggendure van Dinsdag dood ná sy huis op L?deritz aan die brand gesteek is.
Die Namibiese polisie (Nampol) se hoof van misdaadondersoeke in die ||Karasstreek, adj.komm. Chrispin Mubebo, het Dinsdag bevestig die oorledene is as mnr. Sebastion Jansen geïdentifiseer.
Mubeho sê die verdagte, ’n 21-jarige vrou, het die huis aan die brand gesteek nadat sy glo deur Jansen en nóg ’n man verkrag is.
“Die verdagte het glo saam met Jansen en nóg ’n man gedrink, waarna hulle na Jansen se huis gegaan het waar hulle glo saam dwelms gebruik het. Die verdagte is daarna glo aangerand en verkrag,” het Mubebo verduidelik.
Die verdagte het die toneel verlaat en weer later teruggekeer. Jansen en die ander man reeds geslaap het.
“Sy het glo die huis aan die brand gesteek met die bedoeling om beide mans uit wraak dood te maak, waarna een man dood is en die ander een ernstige beserings opgedoen het. Hy is in die L?deritz-staatshospitaal opgeneem, maar is tans stabiel,” het Mubeho gesê.
Die vermeende verkragting was tussen 02:00 en 03:00, terwyl die brandstigting omstreeks 04:00 plaasgevind het.
Die 21-jarige vrou, wat die slagoffer van die verkragting en verdagte van die brandstigting is, gaan op aanklag van moord, poging tot moord en brandstigting in die hof verskyn.
Die oorledene se naasbestaandes is reeds in kennis gestel en die polisieondersoek duur voort. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie