Vrou van Nissan se oudbaas ook gesoek
Vrou van Nissan se oudbaas ook gesoek

Vrou van Nissan se oudbaas ook gesoek

Petrus Malherbe - Die polisie in Japan het pas 'n lasbrief vir die inhegtenisneming van Carole Ghosn, vrou van die voortvlugtige oudbaas van Nissan, Carlos Ghosn, uitgereik.

Sy word daarvan verdink dat sy in April 'n vals verklaring in die Japanse hoofstad, Tokio, afgelê het, berig die BBC.

Daar word ook vermoed dat sy haar man gehelp het om uit Japan te ontsnap.

Na verneem word, is sy tans saam met haar man in Libanon, waarheen hy verlede week gevlug het.

Die 65-jarige Ghosn staan tereg op aanklagte van verswarende vertrouensbreuk en dat hy oor 'n dekade sy vergoeding by Nissan met US$82 miljoen onderverklaar het.

UIT JAPAN ONTSNAP

Hy het kort voor Nuwejaarsdag vermoedelik in 'n krat uit Japan tot in Turkye ontsnap, waarna hy na Libanon gevlieg het.

Presiese besonderhede van sy ontsnapping is nog vaag, maar die Japanse owerhede het erken dat Ghosn onder hul neuse verdwyn het terwyl hy op borgtog van sowat R126 miljoen was.

'n Woordvoerder van die familie het die lasbrief vir Carole se ­inhegtenisneming as “pateties” beskryf en ontken dat sy by die ontsnapping betrokke is.

Japan wil hê dat sy soos haar man uitgelewer word, maar die land het nie 'n uitlewerings­ooreenkoms met Libanon nie.

Ghosn ontken die aanklagte teen hom en beskuldig Japanse ­owerhede van “onregverdige en politieke vervolging”.

Hy was van plan om die media oor sy hoëprofielontsnapping te woord te staan, maar dit is nou onduidelik of die beoogde ­mediakonferensie Woensdag sal voortgaan.

MEDIAKONFERENSIE

“Die laaste keer toe Carlos Ghosn 'n mediakonferensie aangekondig het, is hy weer in hegtenis geneem.

“Nou, 'n dag voordat hy vir die eerste keer vryelik sou+ praat, word 'n lasbrief vir die inhegtenisneming van sy vrou, Carole Ghosn, uitgereik. Dis pateties,” het die woordvoerder aan Reuters gesê.

Ingevolge sy borgtogvoorwaardes mag hy en sy vrou mekaar nie gesien het nie, juis omdat die owerhede bekommerd was daarvoor dat sy hom sou help om uit die land te vlug.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!