Vrou vas oor 'omkopery'
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het 'n 31-jarige Chinese vrou in Windhoek vasgetrek nadat sy 'n beampte van die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit glo wou omkoop. Die vrou, Ping Zou, wou na bewering die beampte met items ter waarde van N$7 900 vir die hernuwing van haar werkspermit omkoop. Die items sluit onder meer twee sonkragstraatligte en 'n buitetafel met ses stoele in. Zou se werkspermit het op 28 Februarie vanjaar verval. Sy het in die landdroshof in Windhoek verskyn en die saak is tot 30 Maart vir 'n amptelike borgaansoek uitgestel. Sy bly in aanhouding. Zou staar volgens die teenkorrupsiewet 'n boete van N$500 000 of tronkstraf van 25 jaar in die gesig. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie