Vrou vas op Lu00fcderitz vir N$100 000 se dagga
Vrou vas op Lu00fcderitz vir N$100 000 se dagga

Vrou vas op Lüderitz vir N$100 000 se dagga

Denver Kisting
Denver Kisting – Hoofinsp. Kauna Shikwambi, ’n polisiewoordvoerder, het gistermiddag gesê ’n vrou verskyn Donderdag in die Lüderitz-landdroshof weens die beweerde besit van en handel in dagga ter waarde van N$100 000.

Shikwambi het vroeër gesê die 26-jarige vrou is gister om 12:00 op dié hawedorp by ’n woonstel wat aan die ministerie van finansies behoort in hegtenis geneem.

Sy is glo met agt pakke skunk betrap. Die polisie het op die dagga beslag gelê, het Shikwambi gesê.

Volgens die woordvoerder het misdaadintelligensie die polisie op die vrou se spoor geplaas waarná hulle op die woonstel toegeslaan en op die dwelms afgekom het.

Sy woon na wat verneem word in dié woonstel saam met ’n familielid wat ’n werknemer van die ministerie is.

Shikwambi sê die vrou sal na verwagting op aanklag van die handel in gewoontevormende dwelms verskyn.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!