Vrou vat glo pad wat kind tref

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Die polisie soek na 'n vrou wat Saterdagmiddag na bewering 'n 11-jarige meisie in Kuvukiland op Rehoboth doodgery en daarna uit die motor gespring en weggehardloop het.

Hoofinsp. Kauna Shikwambi, die nasionale polisiewoordvoerder, het gister gesê die polisie weet wie die vrou is wat na bewering beheer verloor en by 'n erf in dié informele woonbuurt ingejaag het.

Sy sê Danelle Mouton is op slag dood toe die voertuig haar getref het. Sy het saam met ander kinders gespeel toe hulle sien hoe die voertuig op hulle afgejaag kom. “Die kinders het uitmekaar gespat om weg te kom van die voertuig af en ongelukkig het dit toe in dieselfde rigting gejaag waarin die oorledene gevlug het,“ het Shikwambi gister aan Republikein gesê. Die voorval het tussen 16:30 en 17:00 gebeur.

Shikwambi sê die bestuurder van die voertuig sal aangekla word van strafbare manslag, roekelose en nalatige bestuur, en versuiming om hulp op die toneel van die ongeluk te verleen.

Intussen het 'n vragmotor met Walvisbaai-registrasiemerke kort ná middagtyd gister naby die padblokkade tussen Windhoek en Okahandja omgeslaan en op sy sy teen 'n steil helling langs die nuutgeboude B1-snelweg beland. Niemand is sover bekend in die ongeluk dood nie.

Kommentaar

Republikein 2024-12-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 20° | 24° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 21° | 27° Otjiwarongo: 20° | 30° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 19° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 31° Mbabane: 19° | 27° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 23° | 33° Windhoek: 19° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 32° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!