Vrou verloor alles in huisbrand
’n Onverwagse brand het die naweek ’n klein gesin se huis afgebrand terwyl hulle ’n begrafnis bygewoon het.
Elizabeth Joseph – Die 30-jarige me. Claudine Kambatuku se huis in Herero-lokasie, Katutura, het Saterdag (4 Julie) afgebrand. Al haar besittings is vernietig.
Kambatuku was vir ’n begrafnis uit die dorp toe sy omstreeks 18:00 die nuus kry dat haar huis afgebrand het. Sy woon saam haar sewejarige dogter en twee broers.
“Ek kan nie hierdie gevoel beskryf nie. Alles waarvoor ek só hard gewerk het, is vernietig,” vertel Kambatuku.
Die brand is glo deur ’n foutiewe elektriese skakelaar veroorsaak. Volgens Kambatuku het ’n getuie gesê die elektrisiteit het afgegaan. Sy het dit twee maal probeer aanskakel, maar met die tweede keer het sy ’n groot slag gehoor. Kambatuku vermoed ’n smeltdraad het die televisie aan die brand laat slaan.
“Ek en my gesin het ons lewensbestaan verloor en sal enige hulp of donasies waardeer,” sê Kambatuku.
Indien enigiemand bereid is om Kambatuku te help, kan sy by 081 680 0078 of haar suster Beverley by 0813773907 bereik word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie