Vrou vermis
Die Namibiese polisie vra die publiek se hulp in die opsporing van ’n 27-jarige vrou en ma, me. Nicole Mwaka Ilukena, wat sedert Vrydag verlede week vermis word.
Haar huis is in Kleine Kuppe in die hoofstad.
Volgens die polisie se verslag het Ilukena ’n vroeggebore baba tuis agtergelaat.
Ilukena is Engels- en Oshiwambosprekend, is 1,7 m lank, bruin van gelaat en het bruin oë.
Haar hare is gewoonlik in vlegsels en sy is volgens die polisieverslag laaste in ’n blou denimbroek en ’n trui met wit en grys strepe by die mobiele polisiekantoor in Kleine Kuppe gesien.
Pogings deur die gesin om haar op te spoor, het geen vrugte afgewerp nie.
Enigiemand met inligting oor waar Ilukena haar bevind, kan haar ma, me. Aino Kuune, by 081 148 6108 skakel of met die naaste polisiekantoor in verbinding tree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie