Vrou vermoor kêrel glo
Twee mense het die naweek ná voorvalle van huishoudelike geweld gesterf en een klag van poging tot moord en twee van verkragting is aanhangig gemaak.
Francoise Steynberg - 'n Vrou én 'n man was die naweek moordslagoffers van twee afsonderlike gevalle van geslagsgeweld.
'n Vrou (22) het volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag glo Saterdag haar 23-jarige kêrel by Okombahe in die Erongostreek met 'n mes doodgesteek.
Die voorval het Saterdag omstreeks 07:30 plaasgevind toe die paartjie glo in 'n rusie betrokke was toe hulle ná 'n partytjie by die vrou se huis aangekom het.
"Die vrou het die man drie keer - een keer in die bors en twee keer in die rug - met mes gesteek en hy het op die toneel gesterf. Die motief van die moord is onbekend," het die polisie gesê.
Die vrou is in hegtenis geneem en sou gister in die Omaruru-landdroshof verskyn. Die polisieondersoek duur voort.
Vrydag het 'n Angolese vrou (25) glo aan die hand van haar 23-jarige Angolese kêrel gesterf.
Die voorval het omstreeks 22:30 tussen die Laerskool Lucas Dama en die Thomas Tuutaleni Gekombineerde Skool op Onandjaba in die Okalongo-kiesafdeling in die Omusatistreek plaasgevind.
"Die man het die vrou glo ses keer met 'n Okapi-mes in die maag, bors, arms en nek gesteek. Sy het op die toneel gesterf," het die polisie gesê.
Die oorledene is as me. Ndatilaowala Kundi van die Othsokwiyu-nedersetting naby Ondjiva in Angola geïdentifiseer.
"Die verdagte het op die vlug geslaan, maar hy is by die Olupandu-nedersetting in die Okalongo-kiesafdeling in hegtenis geneem," het die polisie gesê.
Hy sou gister in die hof verskyn. Die polisieondersoek duur voort.
Op Kaisosi naby Rundu is 'n klag van poging tot moord aanhangig gemaak toe 'n slagoffer Vrydag omstreeks 20:00 met onbekende voorwerpe aangeval is.
Die slagoffer is in 'n kritieke toestand in die Rundu-staatshospitaal opgeneem.
"Die verdagte is bekend aan die polisie, maar word nog gesoek. Die polisieondersoek duur voort," sê die polisie.
VERKRAGTINGS
Op Rundu en Karasburg is twee afsonderlike klagte van verkragting aanhangig gemaak.
"Saterdag omstreeks 01:00 is 'n 28-jarige vrou by die treinspoor agter Namib Oase op Karasburg glo deur 'n man oorval toe sy van 'n sjebeen in die Westerkim-lokasie af na die dorp op pad was," sê die polisie.
Die verdagte (26) is in hegtenis geneem en sou gister in die Karasburg-landdroshof verskyn.
Vrydag omstreeks 23:00 is 'n vrou glo deur haar 33-jarige nefie in haar kamer in die Ndama-lokasie op Rundu verkrag toe sy geslaap het. Hy is in hegtenis geneem en die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie