Vrou wat kraam se pelvis breek glo in staatshospitaal
'n Jong vrou sal ná haar bevalling in ’n staatshospitaal na bewering nooit weer normaal geboorte kan skenk nie.
font face="Verdana" >
Henriette Lamprecht – Wat ’n normale bevalling moes wees, het na bewering vir ’n jong ma ’n gebreekte pelvis, gebreekte heup en reusebloedverlies besorg.
Die 19-jarige vrou beweer sy is tydens die kraamproses in die staatshospitaal op Otjiwarongo verskeie kere deur die gesig geklap en aan haar onderlyf geruk en gepluk.
Volgens haar moes sy ná die geboorte van haar seuntjie inderhaas met ’n ambulans na die Katutura-staatshospitaal vervoer word, waar sy ’n bloedoortapping moes ontvang.
Tydens ’n ses uur lange operasie moes haar pelvis en heup, wat glo frakture gehad het, boonop met ’n plaat en skroewe geheg word.
’n Skeur aan haar perineum, wat sy glo tydens die kraamproses opgedoen het, is glo ook geheg.
Die jong vrou, wat geboorte aan haar eersteling gegee het, sal volgens ’n spesialis nooit weer normaal geboorte kan skenk nie, beweer sy.
Sy mag vir die volgende minstens vyf jaar ook nie weer swanger raak nie.
Die vrou van Windhoek het in ’n onderhoud met Republikein vanuit haar hospitaalbed gesê sy kan vyf dae ná die geboorte van haar seuntjie steeds nie beweeg op loop nie.
Volgens haar is sy ook in geweldige pyn en is sy nog baie swak.
Haar nagmerrie het begin toe haar water Saterdagoggend op Otjiwarongo gebreek het. Sy was op besoek aan dié dorp.
Die vrou is toe glo na die staatshospitaal op die dorp geneem en in die kraamsaal opgeneem met ses of sewe verpleegsters om haar by te staan.
Haar tannie was ook teenwoordig, het sy vertel, maar is teen 19:00 die aand deur personeel gevra om die saal te verlaat.
Volgens personeel was die tannie die rede waarom sy “geskree het soos sy geskree het”, sê die vrou.
Sy sê haar kraampyne het vererger en sy het swaar begin bloei.
“Hulle het my nie skoongemaak nie en die bloed het later van die bed af gedrup. Ek het hulle gesmeek om my te help, want ek kon voel hoe raak ek al hoe swakker soos ek bloed verloor,” het sy vertel.
Die verpleegsters se antwoord op haar pleidooi was glo: “Moenie vir ons kom besluit wat om te doen nie.”
“Hulle het my deur die gesig geslaan, my hand gevat en dit in my probeer opdruk om te voel waar die kind se kop is. Een van die verpleegsters het met haar een knie op die bed kom sit en my op die maag geslaan,” sê die vrou.
Een van die verpleegsters het haar na bewering met soveel geweld aan haar bene geruk om laer op die bed te lê, dat haar heup uitgehaak het.
Ná die geboorte van haar seuntjie kon die vrou glad nie beweeg nie en kon sy nie haarself op ’n draagbaar lig, waarop sy per ambulans na die Katutura-hospitaal geneem sou word nie, sê sy.
Sy beweer een van die verpleegsters het aan die ambulansbestuurder gesê: “Sy het die pyn in haar kop gesit en nou glo sy sy kan nie beweeg nie.”
Die jong ma se voete is toe glo met ’n handdoek vasgebind om dit bymekaar te hou.
Volgens die vrou moet sy nog ’n maand en twee weke in die Katutura-hospitaal bly.
“Ek kan nie beweeg of loop nie en het vreeslik pyn. Ek gaan dit nooit vergeet nie. Gelukkig is my seuntjie oukei, hy het net ’n knop op sy kop.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie