Vroue 54% van kankergevalle in die land
Die afgelope dekade is 3 681 gevalle van borskanker onder plaaslike vroue aangeteken.
Met meer as 3 780 gevalle van borskanker wat die afgelope dekade in Namibië aangeteken is, bly dit steeds die kanker wat die meeste in die land voorkom. Terwyl 3 681 van die gevalle onder Namibiese vroue aangeteken is, is 107 gevalle onder mans aangeteken.
Namibië teken 'n gemiddeld van 3 740 nuwe kankergevalle per jaar aan wat wissel van nie-indringende velkankers tot meer lewensbedreigende kankers wat selfs babas raak.
Vroue is steeds die groep wat meer geneig is om in Namibië met kanker gediagnoseer te word en is 54% van alle kankergevalle in die land.
Servikale en borskanker kom die meeste onder vroue voor en het die afgelope tien jaar tot 'n gemiddeld van 600 gevalle per jaar gelei.
“Kankergevalle styg steeds, maar vroeë ingrypings en kwaliteitbehandeling ondersteun die oorlewingskoers,” sê die Kankervereniging van Namibië (CAN) se uitvoerende hoof en direkteur van die nasionale kankerregister, mnr. Rolf Hansen.
Hansen sê as jy die Namibiese standaardouderdomkoers (ASR) met internasionale en Afrika-neigings vergelyk, moet Namibië bykomend tot Kaposi sarcoma, meer klem op bors- en servikale kanker plaas.
“Die huidige koers dui daarop dat die bevolking 'n risiko hiervoor loop en die infeksie- en sterftekoers van veral Namibiese vroue wek steeds kommer,” het hy gesê.
Aan die positiewe kant het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste 'n doeltreffende program vir die toets van servikale kanker die afgelope twee jaar van stapel gestuur. Die minister fokus ook saam met CAN se uitreikprogramme op albei dié kankers op 'n nasionale vlak. Deel van die program is sterker voorkoming en vroeë behandeling.
Hansen het 'n beroep op vroue ouer as 40 gedoen om jaarliks vir 'n mammogram of 'n borssonar te gaan om moontlike abnormaliteite in die borsweefsel en -kanale op te spoor.
Veral vroue wat nooit swanger was nie, of wat laat swangerskappe en ernstige hormonale veranderinge gehad het, moet hul borste nou monitor, maandelikse selfondersoeke doen of vir 'n kliniese borsondersoek gaan.
Vir meer inligting oor moontlike waarskuwingstekens en simptome van borskanker, besoek CAN se webtuiste by www.can.org.na of skakel CAN se mediese span by 061 237 740.
– [email protected]
FOTO TANJA BAUSE

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie