Vroue-Eagles kry hupstoot voor WB-taak
Die nasionale span vertrek die naweek na Botswana vir die kontinentale uitduntoernooi wat van 7 tot 20 September gespeel word.
Tielman van Lill – Die senior nasionale vrouekrieketspan, die Capricorn Eagles, se hoofborg het sy verbintenis tot die plaaslike vrouespel opnuut met N$150 000 bevestig.
Kaptein Irené van Zyl en haar spanmaats vertrek komende naweek na Gaborone op die uitdagende missie om vanaf volgende week tien ander Afrika-lande uit te stof en die enkele kontinentale plek na die 2020 globale T20 Wêreldbeker-uitduntoernooi vir vroue te gaan losslaan.
Die gunsteling Zimbabwe, die gasheer Botswana, Kameroen, Eswatini, Mosambiek, Nigerië, Rwanda, Sierra Leone, Tanzanië en Uganda is die ander uitdagers wat ook hul visier ingestel het op die 2023 T20-WB vir vroue, wat in Suid-Afrika aangebied sal word.
Die Capricorn-bankgroep sê hy is trots om 'n vennoot van Krieket Namibië en die ontwikkeling van vrouekrieket in die land te wees.
Me. Marlize Horn van die Capricorn-groep het gesê: “Ons is trots op wat die Capricorn Eagles bereik het en wil graag hê hulle moet nog groter hoogter bereik.
“Met ons N$150 000 belegging vir die jaar, hoop ons om belangstelling in die sportkode verder te ontwikkel en meer geleenthede vir die spelers te skep.
“Ons is baie trots om die Capricorn-handelsmerk met Krieket Namibië te assosieer. Benewens die nasionale span is ons ook by die ontwikkelingsprogram van skolewedstryde en krieketfeeste betrokke.”
Capricorn het vroeër vanjaar die Eagles vir die T20 Kwibuka-vrouetoernooi na Kigali, Rwanda, gestuur waar die Eagles al hul groepwedstryde asook die semifinaal gewen het.
Mnr. Johan Muller, uitvoerende hoof van Krieket Namibië, het gesê: “Dis 'n voorreg om Capricorn as 'n vennoot te hê. Ons is dankbaar vir hul steun en betrokkenheid by die nasionale span asook die skoleprogram.
“Dis vir Krieket Namibië van kardinale belang om vrouekrieket te ontwikkel en dis vir ons lekker om 'n vennoot soos Capricorn te hê wat dieselfde ideale deel.”
Die nasionale span: Didi Foerster, Yasmeen Khan, Eeno Shiimi, Selma Ngolo, Eveleen Kejarakua, Bianca Manual, Mekelaye Mwatile, Maria Ngulali, Suné Wittmann, Reehana Khan, Wilka Mwatile, Lea Gomazes, Irené van Zyl (kaptein), Sylvia Shihepo, Edelle van Zyl, Naomi Benjamin, Kayleen Green, Elice Kaukungwa, Victoria Hamunyela, Kaylee van Wyk, Mezerly Gorases.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie