Vroue eet 202 km vir ontbyt
Padfietrsy
Tielman van Lill
Twaalf Namibiese vrouefietsryers het onlangs aan die Coronation Double Century-padfietstoer oor 202 kilometer in die Wes-Kaap deelgeneem.
Alhoewel die vroue nie die podium gehaal het nie, het hulle ’n goeie sesde posisie losgejaag. Die dubbeltonner is glad nie op die individuele ryers gemik nie. ’n Spesiale medalje word aan spanne toegeken as al 12 spanlede binne tien minute na mekaar oor die eindstreep ry.
Dit was vanaf die begin die Namibiërs se doelwit om saam as ’n span te eindig en hulle het dit ook vermag, vertel Risa Dreyer wat Saterdag as solo-vroueryer tweede in die 2019 Nedbank Desert Dash-ultramarathon geëindig het.
“Ons het almal saam oor die eindstreep gery. Dis nogal moeilik omdat jy van jouself as individu moet vergeet en heelpad as span moet werk, anders gaan die span misluk. Maar dit was absoluut die moeite werd.
“Die roete is bitter mooi en die gees was fantasties. Ons was ‘n ongelooflike groep vroue van wie die ouderdomme tussen 27 en 47 jaar gewissel het.
“Die roete is uitdagend met meer as 2 000 meter se klimme. Laasjaar se vrouespan se wentyd was 6 uur 18 minute en ons het in minder as 6:23 die afstand voltooi.
“Ongelukkig kon ons net sesde eindig, want die kompetisie was beslis sterker vanjaar. Die span is geborg deur Food Lover’s Market Namibië. Hulle is ‘n fantastiese borg wat ons deelname moontlik gemaak het. Ons is vasbeslote om volgende jaar terug te gaan en ’n podiumplek te behaal,” het Dreyer aan Republikein vertel.
Des Doman was deel van die suksesresep.
“Ek het ’n wonderlike tyd op die fiets gehad en die toer was ongelooflik gewees. Ek sou dit nie sonder my spanmaats kon vermag het nie. Baie dankie aan almal vir jul ondersteuning. Baie dankie aam Louis Peens van Food Lover’s Market Namibië vir jou ondersteuning wat dit moontlik vir ons gemaak het om deel te kon neem. Ons het almal uit die ondervinding geleer en gegroei,” het sy gesê.
Die roete het by Swellendam begin en deur skilderagtige wingerde en sewe dorpies gekronkel voordat dit weer in Swellendam geëindig het.
Die span is Michelle Doman, Antja du Toit, Hester Prins, Lauren Lewis, Risa Dreyer, Melissa Hinz, Adele Conradie, Anneke Steenkamp, Adele de la Rey, Genevieve Weber, Silke Bean en Elanor Grassow wat die speke in 6:22:48 laat sing het om die afstand teen ’n gemiddelde spoed van 29 kilometer per uur af te lê.
Lauren Pritzen se reaksie was:“ Wat ’n wonderlike ondervinding en fantastiese paar dae was dit nie! Ek het so baie geleer. Dankie Des, Michelle, Genevieve asook Louis. Ek het lanklaas so lekker gelag en gekuier.”
Melizza Hinz het gesê:“Ek het dit ge-love! Wanneer kan ons weer gaan? Baie dankie vir julle almal wat deel van die span was. Ek is so dankbaar julle het my ook saamgenooi. Dit was die verste wat ek nog ooit in my lewe aaneen gery het.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie